• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Pizzakors

Started by PM, December 06, 2011, 03:13:44 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hierdie resep is nou werklik vir die lui huisvrou soos ek. 

Bestandele vir die kors:

275 g (500ml) bruismeel
150 ml kookwater
125 ml kookolie
sout na smaak

So  maak  mens:

Gooi al die bestandele in 'n bak wat dig sluit.  Skud dit heen en weer totdat 'n sagte deeg gevorm het. 

Druk die deeg eweredig in 'n pan van so om en by 35 X 25 X 2cm.
Gooi 'n klam doek daaroor terwyl jy die vulsel maak.
Voorverhit die oond tot 180 grade C.  (350 F)

Ek neem sommer 'n blikkie van 410gr tamatie en uie smoor. 
Smeer eers 'n mildelike hoeveelheid tamatiesous oor die rou deeg, gooi dan die smoor bo-oor.
Die vulsel is so wyd soos jou verbeelding. 

Ek gooi die kaas heel laaste oor en bak dit dan vir 30 minute op die middelste rakkie van die oond. 
Dit is 'n vinnige manier om gou 'n paar kougoedjies voor te sit. 

Ja, kaas dit en geniet dit.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.