Author Topic: Oor snorre en ou tantes  (Read 5958 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline JC

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 21
Oor snorre en ou tantes
« on: January 22, 2013, 06:04:53 PM »
My oupa het 'n paar vrouens gehad.  Een van hulle was 'n fris ou tannie.  As die werkers te stadig na haar sin was, het sy self die sakke mielies gegryp en die wa gelaai.  Die werkers het baie respek vir haar gehad.  Sy het nie nonsies gevat nie en kon 'n paar taai klappe uitdeel. 

Ek het nou al gesien Juffrou Gawelina kan steke opsit en steke steek, maar daai Ouma van my het geweet van steek. 
PM sê ek het 'n sout-en-peper-snor, maar daai ouma van my het 'n welige snor gehad (en Arnold Swartnek kuite) en sy moes elke oggend skeer.  Daai tyd kon jy nie jou wang hou soos vandag nie, jy moes maar soen.  Jy moes vir Ouma vinnig soen, moenie draai nie, die nagevolge kon heel eina wees. 

Ouma was 'n baasbakker, sy kon 'n koei melk dat die emmer vol skuim gestaan het.  Seepkook en bees-, skaap-, vark- en hoenderslag was haar kos.  Daar was niks wat vir Ouma se hande verkeerd gestaan het nie.   Ongelukkig het ek Ouma nie so lank geken nie, sy is gou huistoe.  Dit het egter nie lank vir Oupa geneem om 'n nuwe Ouma vir ons te kry nie.  Op 82 jarige ouderdom het Oupa sy 4de wyfie aangekeer.  Op my Pa se vraag aan hom, oor hoekom hy nog op so 'n ryke ouderdom 'n vrou wil vat, het hy geantwoord:  "My kind, solank as wat 'n man nog 'n leë sak kan sleep, kan hy maar trou." 
« Last Edit: January 22, 2013, 06:27:30 PM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Oor snorre en ou tantes
« Reply #1 on: January 22, 2013, 06:29:10 PM »
Wanneer 'n mens die man aan die gesels het moet jy  hom nie briek nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oor snorre en ou tantes
« Reply #2 on: January 22, 2013, 11:39:25 PM »
 Heheheheh ek lees so lekker ek wou nog saamstap tussen die lyne :walk: toe stop 'n . my  :love7:
« Last Edit: January 22, 2013, 11:54:42 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Oor snorre en ou tantes
« Reply #3 on: January 23, 2013, 08:51:32 AM »
So 'n nare punt!   :icon_biggrin: 
Hannes was die naweek op sy stukke en hy het ons vergas met 'n hele paar kwinkslae.  Die man kan so droog 'n opmerking maak wat 'n mens kan laat skater. 
Om te weet is om te verstaan.