• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Rooi hakskene

Started by Meraai vannie Baai, January 20, 2013, 12:26:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

As jy kruip soos 'n krap en jy giggel jou slap --
rooi hakskene!
As jy sweef deur die laan en jy voel soos 'n haan
in jou gene . . .
Tippie-tei, tippie-tippie-tei, tippie-tippie-tei, jy's so vry
Nota bene!
Hei-o-jooi, tippie-tippie-tooi, tippie-tippie-tooi, jy's so rooi
aan jou skene!

As die maan in die nag soos 'n perd vir jou lag --
rooi hakskene!
As jy "trim" aan jou snor en jou maag vir jou knor:
"Jy's verlief!"
As jy hop deur die dou soos 'n wyfie-makou
met bak bene,
dan't jy die skoot hoog deur, skoot hoog deur, skoot hoog deur
-- rooi hakskene!

As jy kruip soos 'n krap en jy giggel jou slap --
rooi hakskene!
As jy sweef deur die laan en jy voel soos 'n haan
in jou gene . . .
Tippie-tei, tippie-tippie-tei, tippie-tippie-tei, jy's so vry
Nota bene!
Hei-o-jooi, tippie-tippie-tooi, tippie-tippie-tooi, jy's so rooi
aan jou skene!

As die maan in die nag soos 'n perd vir jou lag --
rooi hakskene!
As jy "trim" aan jou snor en jou maag vir jou knor:
"Jy's verlief!"
As jy hop deur die dou soos 'n wyfie-makou
met bak bene,
dan't jy die skoot hoog deur, skoot hoog deur, skoot hoog deur
-- rooi hakskene!

Bron: Mieliestronk se Lekker Ou Saamsing-werf
Rooi hakskene

http://www.mieliestronk.com/hakskene.html

Anastasia

Nog een!  Hoe lanklaas het ek die uitdrukking "Rooi hakstene" gehoor.  Dit het so lekker galoppetie hop ritme.  My skoonma het altyd toe my dogter tiener geword het gese sy het rooi hakstene.  Ai Meraai, die forum se mense het juwele onder hulle uit laat glip!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

As ek kyk na die aantal loere wat die onderwerp gekry het dan word rooi hakskene nog gereeld gegogel.
Ek wonder nou of julle weet waar die rooihaakskene sy geboorte gevind het?
'n Sinonieme gesegde is "oor die onderdeur loer"
As jy dus met rooihaakskene oor die onderdeur loer is jy nou toutologies besig om rond te soek vir 'n deksel.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

Ja, Naas.  Ek het geweet dit is as die jongklomp 'jeukerig' raak.  Dis so oulike uitdrukking. Wonder of die hakskene rooi word omdat hulle die hakskeentjie teen die deur stamp om uit die kampie te kom.   :BangHead:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Die uitdrukkig kom van die volstruise af, wanneer dit paartyd is word die volstruismannetjies se hakskene rooi.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Oe la la. Ek raak slim :icon_salut:

Anastasia

Interessant.  As 'n man moet uitkom en gaan kuier maak hy 'n plan.  Hie hie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

#7
Dan loop hy beenaf, met sy kop in die wolke :love7: Ek het iewers in ons woordskuur 'n magdom gesegdes bewaar oor die ynste verliefgeit. Sal moet gaan krap.

PM

Dit lyk my jy het nog nie tyd gehad nie sustertjie.   :icon_biggrin:   
Op 'n kol het my pa met volstruise geboer.  Daardie volstruismannetjie se hele agterbeen het rooi geword in paartyd.


Julle weet mos wat is die manlik vir 'n mannietjies volstruis - volstrond.
'n Wyfietjie - volmaak.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek het my lagpil vir more ook in hahahahahha. Volstrond en volmaak. Ek lief.

Naas

Gelukkig is ek nie 'n volstruis nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ha!  Jy sou 'n volstrond gewees het!   :icon_biggrin:  Ek is bly jy is nie 'n volstruis nie, want hoe sou jy nou kon sien om daar onder met jou kop in die gat te kon skryf!   :read2:
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Die volstruis manne bloos met hul hakskene!  Hie hie.  Ek het lank die probleem van bloos gehad.  Dit was vir my iets waaroor ek selfbewus was.  Tog, vandag vind ek dit eintlik so oulik as iemand bloos.  Om een of ander rede het ek die bloos saam met die 'onskuld' van die lewe iewers  verloor!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Ek kan met jou simpatiseer.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.