• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Jannie, Jan van Riebeeck

Started by Meraai vannie Baai, January 20, 2013, 12:28:58 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Hy was 'n skeepsdokter daar op die see,
wat matrose purgasies moes gee,
maar Jannie word toe 'n kommandeur
om aan die Kaap te gaa-aan regeer.
Jannie, Jan van Riebeeck
sit op sy duim en droom . . .

Hy vat toe drie skepies na ou Afrika --
doer in de Goede Hoop-Peninsula --
hy en Maria de la Quel-lêrie.
In die waai van die baai wag sy pêl ou Hêrrie.
Jannie, Jan van Riebeeck
sit op sy duim en droom . . .

O, hy was pas daar of hy bou 'n fort,
maar die reën se water het daar ingestort
en al sy manne die word toe krank --
oom Jannie moet kophou teen wil en dank.
Jannie, Jan van Riebeeck
sit op sy duim en droom . . .

Oom Jannie skryf in sy dagverhaal:
"Ach, de Strandlopers stelen me rot en kaal!"
Maar Jannie het nie in die Kaap gesterf --
Want Wagenaar het sy plek geërf.
Jannie, Jan van Riebeeck
sit op sy duim en droom . . .