Author Topic: Ons eie Woordskuur kry staanplekke net hier op die forum!!  (Read 4400 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Ons eie Woordskuur kry staanplekke net hier op die forum!!
« on: December 02, 2012, 07:32:32 AM »
Groot skuus as ek vandag die forum oordonder het met ellelange plasings by die 'unread messages'. Ons Woordskuur het vandag ereplekkie gekry, hier tussen al die ander ABC erwe.  :love7: :hello2:

Net onder die Biblioteek - daar het ek 'n gaatjie gemaak en ons woordoeste van toeka tot nou begin bewaar in verskeie afdelings. Soveel jare was dit die woorddief se voorreg om tussen die lanings te gaan oes, en in die woordmandjie weg te dra.

Groot is die vreugde en voorreg dat ek dit uiteindelik weer ergens kon gaan uitstal en nou kan aanvul met julle woordskatte wat verskuil is hier op die forum.
 :book1: :notworthy: :icon_salut:

PM het 'n afdeling geskep waar julle plasings kan los waar ek kan loer of ons 'n gepaste rakkie in ons woordskuur het daarvoor:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?board=149.0


*Willa ek het moed opgegee met die blog wat julle geskep het matertjie. Kop gekrap.  :dontknow: Probeer om dit baas te raak maar kommunikasie gapings tussen ons maak dit onmoontlik. As dit reg is met PM,  kan jy asb vir ons die ou skakel na die lee Woordskuur op die voorblad verwyder. Dit werk vir my baie gemakliker noudat dit hier deel is van die forum.


« Last Edit: December 02, 2012, 07:34:39 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Ons eie Woordskuur kry staanplekke net hier op die forum!!
« Reply #1 on: December 02, 2012, 12:50:00 PM »
Baie hartlik dankie Raaitjie.  Dit was nou vir my 'n wonderlike ervaring om hier te land en al jou harde werk te sien.  Dit voel ook vir my of die "woordskuur" net hier hoort.  In die hartjie van die forum.
Baie dankie vir al jou werk.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons eie Woordskuur kry staanplekke net hier op die forum!!
« Reply #2 on: December 02, 2012, 11:06:02 PM »
Dit het my  uit die kwaad gehou en ek het elke lyntjie weer van vooraf gelief  :book1: :icon_salut: Die forum voel vir my nou 'heel'  :bootyshake:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ons eie Woordskuur kry staanplekke net hier op die forum!!
« Reply #3 on: December 09, 2012, 12:12:51 AM »
Ek verstaan tot vandag toe nog nie hoekom nie - want dis 'n Wordpress-blog nes die ou Woes-Woordeboek was ...  dit krap my kop duister ...
maar as dit hier makliker en gemakliker werk - hoekom nou nie ...


ek het so pas deur die woordskuur gewerk .. nie oral kommentaar gelos nie, maar elke lyn vreeslik geniet en myself dik gelag - my maag pyn ... en dan was daar ook lyne wat my siel se hart kom ruk het ....

en die gedig in treur woorde van die polse wat nie meer 'n plek het nie ... sjoe ... dis hartseer verby ...

ek lief die Woordskuur en stem met PM saam - dit hoort net hier innie forum ...  :headbang:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons eie Woordskuur kry staanplekke net hier op die forum!!
« Reply #4 on: December 09, 2012, 10:43:42 AM »
Bly jy het die woordskuur geniet Willa. Dit was 'n vreugde om weer die ou woordskatte te kan uitstal en almal se terugvoering te waardeer.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Ons eie Woordskuur kry staanplekke net hier op die forum!!
« Reply #5 on: December 17, 2012, 06:01:57 PM »
 :wav:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ons eie Woordskuur kry staanplekke net hier op die forum!!
« Reply #6 on: January 19, 2013, 09:25:05 PM »
ek wonder sommer ... is al ons woeswoordeboek-woorde wat ons groep bymekaargemaak het nou hier in die skuur... kon julle alles oordra hiernatoe?   :angel12:   

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons eie Woordskuur kry staanplekke net hier op die forum!!
« Reply #7 on: January 19, 2013, 11:39:57 PM »
Adele ons het probeer om soveel as moontlik weer uit te stal en bewaar. Nog steeds in die proses van uitgrawe en weer kom uitstal. Ongelukkig het die rugstutte wat ons gehad het (op PM en my eie tikker) om die beurt verdrink/verbrand  :icon_bigsmurf: Willem het my nooit in kennis gestel dat die ou woordskuur tot niet gemaak is nie  :crybaby2:

Ek maak dus staat op wat nog op die ou forum is en dit wat behoue gebly het in aangestuurde pos ens. PM het ook 'n klompie vir my aangestuur waaroor ek baie baie dankbaar was.  Vanoggend weer gaan dwaal deur die kompetisie woorde van 2008 en dit wat daar was, weer afgestof en uitgestal in ons nuwe woordskuur.
« Last Edit: January 20, 2013, 10:58:31 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Ons eie Woordskuur kry staanplekke net hier op die forum!!
« Reply #8 on: January 20, 2013, 06:06:54 PM »
Baie dankie Raaitjie, ek was so bly om al die goed te sien wat jy geplaas het en dit het my weer ver terug geneem en baie plesier verskaf.   :hello2:   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ons eie Woordskuur kry staanplekke net hier op die forum!!
« Reply #9 on: January 20, 2013, 10:59:20 PM »
'n Voorreg en plesier matertjie  :love7: :hello2: