• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die kappieteken ( ^ )

Started by PM, March 14, 2013, 07:12:16 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Die kappieteken  ( ^ )

1.   Word op vokale e, i o, u in oop lettergrepe geplaas
      bêre, tersiêre, wîe, gô, aikôna, môre, brûe, rûe

2.   Geen kappie op "o" in geslote lettergreep
      bord, pond, word

3.   Geen kappie as "o" deel van diftong is
      boikot, toiings

4.   Die "e" in geslote lettergreep as die woord op 'n enkel konsonant eindig
      miljoenêr, skêr, vulgêr

5.   Die "e" in geslote lettergreep as die woord op meer as een konsonant eindig
      mens, kerk, kombers

6.   Afgeleide woorde sonder 'n kappie behou spelling
      mense, kerke, komberse

7.   Vreemde herkoms
      Crêpe de Suzette, maître
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Wonder of die forummliete (?) weet HOE bevoorreg is ons om sulke bydraes tot ons beskikking te hê met die druk van 'n knoppie?

Naas

Ek tik deesdae op my selfoon en die stuk elektroniese gemors steek die ( ^ ) so weg dat ek maar sonder hom klaarkom.
Dieselfde geld vir deeltekens.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Die blêr van 'n skaap, so laat in die nag, diep die vêêrte in!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.