• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bliksem

Started by Naas, September 14, 2015, 03:47:54 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Skielik bliksem die donnerweer.
Helder flits die donker dood,
hoorbaar plof die druppels neer,
swoel, swaar, swanger groot
Om kraters in die stof te plof,
te ratelklop op die dak se sink.
As donkerte die flits verdof
Sal dorstig grond die vog indrink.

Deur wolke leeg en grys
breek helder son se straal
om weer natuur se prag te wys.
Bome wuif met lower hand
wyl diere dans en juig.
Uit nat deurdrenkte grond
steek groen sy grasvingers.
Uit bliksem lewe weer die land.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Daar kom min dinge by die woordplesier wanneer jy aansit by 'n keurig gedekte ABC tafel soos hierdie Naas  :hello2: :notworthy:

Jeannedarc

well spoken and painted. made me think of my poem Raindrop Symphony

PM

Om te weet is om te verstaan.