• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PhotoScape (17) Crop & Contras

Started by Meraai vannie Baai, January 06, 2013, 11:57:10 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Hierdie twee funksies is ideaal wanneer jy dit as verwysingsfoto wil gebruik vir skilder of net so laat druk op canvas. Die kamera se verstellings was op outomaties en sonsondergang. Omdat ons kamera se fotos almal naastenby 10.8 MB is, kan ek die kleinste detail uitsny en die beeld is nog duidelik (hang af waar die fokuspunt was).

Gewoonlik gebruik ek dan die 'kontrasfunksie' van PhotoScape op so +24 om die voor- en agtergrond duideliker te skei nadat ek die deel uitgesny het wat ek wil gebruik. Dit word dan apart bewaar deur net 'n a of b by die nommer te voeg. Die laaste foto is soos dit geneem is sonder om die kleur te verryk met die kontrasfunksie. Heel eerste foto is die kontras op +32 gewees.








Meraai vannie Baai

#1
Die borrels het my tone laat kriewel om te sien wat gebeur as ek met die reflekteerfunksie speel  :icon_biggrin: Hier is my Borrelborsbeeld


PM

Goeiste maar dit is kunstig gedoen.  'n Borreltjie vasgevang in sy eie spieĆ«lbeeld!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

As die oorspronklike foto mooi kleurvol is, het jy die beste wegspringblok in die kreatiewe span mater! En as jy nog jou hande kan plaas op 'n program soos PhotoScape haal jy die wenpaal keer op keer  :notworthy: :icon_biggrin:

Fransi


Meraai vannie Baai

As ek jou naam sien Fransi is dit vir my soos die 'tjerrie oppie koek'  :notworthy:

Fransi