• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die waarheid, uit die perd se bek

Started by PM, January 15, 2013, 09:36:08 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek lag so vir ons swart skoonmakertjie hier waar ons tuisgaan.  Sy is baie skerp en het nog 'n sin vir humor daarby.  Sy mimiek haar baas uitstekend met handgebare en al, wat vir ons baie vermaak verskaf, maar 'n mens tog laat besef hoe jy as werkgewer opgesom word.   

Na 'n paar dae se gespook is die woonplek en die tuin in 'n heel aanvaarbare toestand. 
"Tannie", sê sy gister vir my. 
"Ek is nie meer skaam om hier te werk nie."
Ek vra toe vir haar hoekom is Balfour se strate so vuil en vol gemors, hoekom leer hulle nie die mense om nie so te mors nie, waarop ek hierdie antwoord kry, met handgebare en al:
"Sal jy 'n vark wat in die modder gerol het vat en gaan bad?  (Sy "tel die vark op" en maak asof sy hom bad.) Nee jy sal nie, jy sal net jou tyd mors." en sy gooi die vark eenkant.   :icon_biggrin:



Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


adele

   :icon_biggrin:   sonder beduie sal hulle nie kan praat nie, maar oulike manier van spreke.
adéle  :grommit:

Gawelina

Hie hie hie! Sien ek die prentjie! Balfour is rêrig 'n "kakkerige" ou plekkie.

Dawie

Nogal 'n ander manier om daarna te kyk.
Die stout seun is hier....

PM

Hallo Dawie, gaaf om jou weer hier raak te loop.   
Sy is oortuig daarvan dat jy die aap uit die bos kan haal, maar nooit die bos uit die aap nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.