• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gelukkige verweerdag Juffrou Gawie

Started by Meraai vannie Baai, December 05, 2012, 08:45:06 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Mag hierdie dag alllles vir jou bring wat jy voorheen gemis het liefste ou sielematertjie van my!! Lief stikkkint.  :love7:

Fransi


Gawelina

Baie dankie almal. Ek is voorwaar 'n geseënde oumens soos my liewe gruwelsustertjie altyd sê. Al die boodskappe en oproepe maak my dag pienk mooi.  Ek het sowaar weer na jare, in 'n groot vragmotor gery. Manlief sê ek het die jolly jumper gery. Hahahahaha!

PM

en wê wê ek het tog 'n foto gesien!
Geluk sustertjie, mag al jou mooi wense waar word.  Geniet dit nê, dit is jou laast naugty fourties.   :angel4:   :love7: 
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

WAT??!!! Wil jy vir my sê naughty forties is erger as die freaky fifties?? Aggenee!! Ek het so uitgesien na nog stouter word! Hehehe baie dankie PM, ook dat jy my dag e-posgewys saam met my spandeer het. Dit was soooo spesiaal.

PM

Met 'n hart soos joune gaan die fifties groot pret wees!   Hou daar, Gawie is amper daar!
Jammer ek moes 'n paar ander dingetjies gaan doen het.  Ek sou graag nog wou kuier.
Ons kuiergaste is nou huistoe en my kop trek nou soos 'n waterwysermikstok kussing toe!
Ek hoop die res van die aand was vir jou gatskop lekker!
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Ons het so pas by die huis gekom nadat die vader van die huis ons almal uitgevat het vir ete. Dit was heerlik en hy was so blerrie stout. Hehehe ons het heerlik geëet en gelag. Lekker slaap hoor.

PM

Ag wonderlik!  Nou is julle almal versadig en verkwik, die magies vol en die pensies dik. 
Hoop jy gaan nou 'n hond uit 'n bos uit slaap nadat jy...    aaag, mens sê mos maar altyd dankie! :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oe Gawes die beste le nog voor! Die seksie sestigs  :toothy4: :notworthy: :icon_salut:

Ah Willa

 :sign10: ek is al weer amper helemal te laat ...
vergeet paaswoorde en Outistiese hondjie wat hy/sy is was baie siek en so gaan my verskoning aan......

maar hier is ek nou wel Gawie

jy weet op 20 het jy klaar verjaar ne,
en na 40 het jy gelukkig klaar verweer

nou verjonger jy al die pad tot by 80 ... geniet elke oomblik daarvan ... of jy nou 41, 51, 61, 71, 81, 91 0f 101 is - dis amal dieselfde - heeltyd speeltyd  :angel4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

AB

ek het geweet ek het iets vergeet toe my vrou en haar pa en my ( oorle) pa en oole oud staatspresdient Blackie Swart verjaar het op 5 Desember en nou lees ek dit raak wat ek gevergeet het.

Jy is al 5 dae in jou nuwe lewensjaar in en mag dit vir jou 'n wonnerlike jaar wees van voor tot agter.

vol smiles en vreugde en goeie gesondheid en lekker pelle.

xx

Gawelina

Dankie Loxie. Ekke waardeer. Darem vir een dag soos 'n kwien gevoel by my huis. Nou is Aspoestertjie weer terug voor die koolstoof.

PM

Ag wat, gelukkig hou die koolstoof die boudjies warm.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.