• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Asemoorlog

Started by Naas, November 13, 2012, 10:20:02 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Soos 'n rukwind deur die huis
rol rammel-gorrel-roggel.
As die donder helder blits in die lug,
die krake in die mure, ruite wys.

Die borrel van geluk geprik
bars met 'n aaklige pop
en stuur die onlekker
soos 'n rukwind deur die huis

Asemloos die aanhoor
van feitlike vonnis
en ongenaakbaar waarheid
rol rammel-gorrel-roggel.

Die einde is nie die seerste
maar die doringpad daarheen
ontketen die WAAROM storm
as die donder helder blits in die lug.

In die laaste oorlog vir die lewe
is elke asemteug 'n veldslag,
elke dag sy eie oorwinning.
Maar die krake in die mure, ruite wys.

Die krake in die mure, ruite wys
as die donder helder blits in die lug.
Dan rol die rammel-gorrel-roggel.
Soos 'n rukwind deur die huis.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

Naas my ma het ook ephiseem en long kanker gehad - en hierdie gedig van jou,
roep beelde terug wat ek deny om te onthou!

My hart is met jou en jou moeder Naas

dis 'n baie goeie gedig - dit som die hel van die Asemoorlog goed op!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

ek het nie woorde nie, net omgee wat ek met gevoel vir julle kan stuur   :love7: 

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Dankie vir die deel van die mooi gedig Naas.  Sterkte my matertjie.  Ouma Naas is so dankbaar vir alles wat julle vir haar doen en beteken. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek moes 'n henske draai loop voordat ek op die gevreetboekie kon kommentaar lewer op hierdie seerlyne so puik vasgevang in jou eie Tru-vers-struktuur Naas. Terwyl ek dit gelees het, het die suurstofmasjien hier in ons pandok saam gerammel-gorrel-gorrel het trane gestroom oor my wange vir almal wat hierdie asemoorlog voer en nog gaan voer :crybaby2:

Fransi

Jou woorde hier gryp vas en ruk. 'n Drukkie vir julle.