• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

die vellies

Started by AB, November 13, 2012, 02:48:51 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

Die seuntjie vra die juffrou om te help om sy skoene aan te trek. Sy probeer met 'n gedruk en getrek om die vellies aan die kind se voete te kry. Teen die tyd wat sy by die tweede vellie kom breek daar al 'n lagie sweet op haar voorkop uit en begin haar hare al slierte hang, soos sy stoei om die vellies aan die kind se voetjies te kry. Dis toe dat die mannetjie so tussen sy vier afwesige voortandjies se, "Juffrou hierie eerthte vellie ith aan die verkeerde voet. Sy kyk en, so wrintiewaar, die vellie is aan die verkeerde voet. En die uittrek van die vellie aan die verkeerde voet gee toe nog 'n gespook af. Die juffrou hou kop en begin toe weer om die vellies nou hierdie keer, aan die regte voet aan te trek, met steeds een helske gesukkel. Amper klaar kondig die mannetjie aan "Juffrou hierie ith nie my vellieth nie" Die juffrou byt amper haar tong af van verergelikheid, maar hou kop en sê kalm "Hoekom het jy nie vroëer gepraat nie?" En die gestoei begin weer om die vellies uit te trek. Pas is die vellies uit of meneertjie sê weer " Dith my boetie the vellieth wat my ma my maak dra het vanoggend." Die juffrou sluk droog, en skraap al haar moed by mekaar en begin weer stoei om die vellies aan die voetjies te sit. Uiteindelik is hulle aan die voetjies. Die mannetjie trek aan die juffrou se baadjie en vra verlee "Juffrou wat van my kouthe?" Juffrou skree " Nou waar is jou kouse"??!! Die knapie sê ewe kordaat terug. "Ek het dit voor in die vellieth gebêre"

Fransi


PM

O my tyd!  Dink ek nou onwillikeurig aan Juffrou Gawie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

AB

juf Gawie sou baie geduldig gehelp het.

PM

Ja natuurlik, maar dit sou ook sweet gekos het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Hahahaha solank dit net nie vandag met Juffrou Gawie gebeur het nie. Blerrie mannetjie.

Meraai vannie Baai


Meraai vannie Baai

Wat sou jy doen my juffroutjie??

Gawelina

Op 'n gewone dag, sou ek hom gemaak oor my skoot trek en maak of ek hom pakslae gee, dan sou ek hom kielie en styf teen my vasdruk en as hy klaar gelag het sou ek sy hare deurmekaar krap, die sokkies uithaal en onder sy neus druk en daarna sy skoene aantrek. 

Vandag sou ek hom dalk met die kouse aan sy stoel vasgemaak het tot na pouse. Eish!!!sien ek nou klein Gerrie se ondeunde gesiggie voor my. Ek hoor hom sommer giggel ook en sien die duiweltjies in sy ogies. Hy sal so iets aanvang.

Meraai vannie Baai

Sien!!! Ek geweeeeet jy sou die situasie skets asof ons deel is van die kouskaskenades hehehe. Lieffff dit - en vir jou!!

PM

Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Kouskaskenades inderdaad! Hahahaha

Chichi

Ag shame.... dit kan net erg wees
*The one and only AWESOME-EST