Die seuntjie vra die juffrou om te help om sy skoene aan te trek. Sy probeer met ‘n gedruk en getrek om die vellies aan die kind se voete te kry. Teen die tyd wat sy by die tweede vellie kom breek daar al ‘n lagie sweet op haar voorkop uit en begin haar hare al slierte hang, soos sy stoei om die vellies aan die kind se voetjies te kry. Dis toe dat die mannetjie so tussen sy vier afwesige voortandjies se, “Juffrou hierie eerthte vellie ith aan die verkeerde voet. Sy kyk en, so wrintiewaar, die vellie is aan die verkeerde voet. En die uittrek van die vellie aan die verkeerde voet gee toe nog ‘n gespook af. Die juffrou hou kop en begin toe weer om die vellies nou hierdie keer, aan die regte voet aan te trek, met steeds een helske gesukkel. Amper klaar kondig die mannetjie aan “Juffrou hierie ith nie my vellieth nie” Die juffrou byt amper haar tong af van verergelikheid, maar hou kop en sê kalm “Hoekom het jy nie vroëer gepraat nie?” En die gestoei begin weer om die vellies uit te trek. Pas is die vellies uit of meneertjie sê weer “ Dith my boetie the vellieth wat my ma my maak dra het vanoggend.” Die juffrou sluk droog, en skraap al haar moed by mekaar en begin weer stoei om die vellies aan die voetjies te sit. Uiteindelik is hulle aan die voetjies. Die mannetjie trek aan die juffrou se baadjie en vra verlee “Juffrou wat van my kouthe?” Juffrou skree “ Nou waar is jou kouse”??!! Die knapie sê ewe kordaat terug. “Ek het dit voor in die vellieth gebêre”