• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Wense

Started by Naas, May 23, 2011, 01:18:54 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

In die geraamtetakke van die kaalgat appelbome
hang die ryp soos koue winterkerse
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.

My wense vloei soos maalkolkstrome
en word vasgevang met woordeverse
In die geraamtetakke van die kaalgat appelbome.

Ek wil hulle graag toedraai in die warm some
en koester in geesteskomberse
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.

Maar hoe verduidelik ek my wense aan die vrome?
Hoe hang ek dit oop saam met ysig kerse
in die geraamtetakke van die kaalgat appelbome?

Begeertes, wense weggesteek tussen die flenter some
in die vlegsels van verwoede verse
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.

Weggespoel en afgevoer in die afloop van winterstrome
bly net die flenters van die verse
in die geraamtetakke van die kaalgat appelbome
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.

Villanelle Gedigstruktuur


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Wens ek kan by die kaalgat appelboom, my wense om so mooi te skryf ook toe draai in warm somer!

Toe vertel die platkoppie verkeurmannetjiesvrou hoe die gedigstruktuur werk, sy wil ook probeer assebliefies toe... :icon_bigsmurf:

Het iemand al vandag vir jou vertel jy is oulik?  :hello2:

:angel12:


Naas

Nie eers die laaste jaar nie...
Maar ek sal dit daar onder die strukture gaan sit dan kan jy ook probeer.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Naas,  jy is 'n ou doring!  Dit is uitstekend geskryf!  As ek so deur almal se gedigte lees gaan ons 'n vet boek die lig laat sien. 
Om te weet is om te verstaan.