• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die verkleurmannetjie Leipolt

Started by PM, May 24, 2020, 10:00:17 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Daar op die vy'boom sit die vabond,
So sedig soos 'n predikant;
Maar glo tog nie dat hy so vroom is -
Nee, regtig nie, hy is astrant!
As jy hom aanraak, dan verkleur hy -
Geel, rooi, grys, bruin, en blou en groen;
Sy hele vel blink soos die skulpies
Se binnekant met perlemoen.
So teemrig sit hy op sy takkie
Die muggies met sy tong en vang,
En met sy ronde oë maak hy
Die spinnekoppe algar bang.
Hy draai sy nek soos 'n toktokkie,
Of soos 'n papie uit die klei,
En kyk so sedig na die vliegies
As hy die goed nie beet kan kry.
Arrie, ek hou van jou, kleurklasie!
Jy gaan jou lewe deur so mooi;
Jy steur jou nie aan wat die mense
So praat of skinder en flikflooi.
Jy steun op niemand nie, kleurklasie -
Net op jou takkie en jou tong.
Verkleur maar môre net soos gister;
En as jy oud word, bly nog jong!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai