Hallo Burgertjie
ek is 'n gekliste-einstein-brein-geeky-digter - dus dink ek ons val so amper in dieselfde bokise ... dalk so langs mekaar.
my manlief is ook 'n skeppende goofy-geek
ons is jare terug klaar met matriek en ons het die lewe begin mylpaal van 40 al oor gesteek ... :-)
plaas die links na jou blogs hier ... dan gaan loer ons almal en kom gee voorstelle van hoe jy mense kan trek en dit so kan kry dat jy adverteerders kan kry vir jou site (dis hoe mens geld maak)
Ek blog ook al jare .. maar nog altyd net vir die fun of it ... ek beplan nou 'n baie meer erenstige blog oor die kleur van die lewe .. so ek sal jou en ons matters se input ook nodig he
ek is geseen met 'n deslexia ... so almal hier help my altyd met my spelling
ons skaaf aan mekaar se skryfwerk .. en so groei ons almal saam
dis 'n forum-familie
soms is ons stil - want die kern gesin buite die forum benodig ons dalk ... die Direkteur van TrusSoft Software (dis nou ons maatskappy) is ons 3 jare seun met Autism. En hy bepaal hoe tyd gebruik mag word op hierdie stadium van die lewe ...
PM en Hannes hulle is met 'n vloed water getref en het 'n oorlog wat gevoer moet word met die verskerings maatskappy
Adele is 'n nuwe bruid ....
Naas (ons eie Langenhoven) se moeder voer 'n asemoorlog - sy is baie siek
Ons eie 007-woorde dief is ook getref met 'n groot lewens challenge ... sy gaan vir groot-groot toetse die week ... ons almal bid saam
AB bou weer huis na 'n groot brand syne gesteel het en hy is meer onder die water as op die land ... maar hy bring altyd mooi foto's saam
Juf Gawie draf tussen die kinders rond en dan maak sy nog die mooiste dinge met haar eie twee hande - wat sy ook in vadertjie tyd se tyd met ons deel
en so kan ek deur die lys draf ... maar tyd is nou onvriendelik met my ... my skoonpa het gister 70 geword en ons vier vandag wees en ek moet nog die koek se kleur gaan opsit ... sal later 'n fototjie kom deel
welkom hier by ons forum-familie Burgetjie