• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Nuwe Reis

Started by Naas, June 17, 2011, 12:32:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

My kind,
hier eindig 'n reis.
'n Reis begin in doeke
gevul met giggel jolyt
en hartseer trane.
Jou eerste treë wankelrig
en in doeke toegedraai.
Die laaste treë netnou
in die kerkgang af,
selfversekerd,
dog huiwerig.
Vol afwagting,
vol verwagting.
Die reis saam met ons
het jy voltooi.

My Kinders,
Julle staan op 'n lughawe na êrens
aan die arm van 'n nuwe reisgenoot.
Die pad onbekend,
die bestemming...
Wie sal weet?
Jul nuwe pad
vol skaterlag
en hartseersnik
word verlig deur
vertroue...
ondersteuning...
samewerking...
verstaan...
verdra...
liefde...

Daarom,
my Kinders,
bid ek julle toe
'n helder, verligte, breë, pad.
Instand gehou deur Jesus
Reis in vrede, vreugde, geluk en liefde.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ag nee man,  is dit nou nodig om my te laat tjank? 

Naas,  hartlik geluk met die huweliksbevestiging van julle pragtige meisiekind.  Ons is in gedagte met julle en hoop die pad vorentoe sal vir hulle net geluk inhou!   :love7: 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Eerste keer toe ek dit lees op die gevreetboekie moes ek sluk, nou het ek moedopgegee en die fonteine maar laat vloei  :love7:
Baie geluk nuwe skoonpa!!

PM

Ek hou hierdie een vir ons volgende boek Naas.  Jammer ek het eers weer 'n bietjie laat hier aangekom.  Dit is so mooi geskryf.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Wat 'n wonderlike ding om met 'n ouer te gebeur, om te sien jou kind is so gelukkig en so verlief.
Ons hoop net die beste vir jou kinders toe.
elle

PM

'n Gelukkige kind maak 'n gelukkige ouer.  Dit is 'n mooi vormgedig.  Wie sê ons mag nie weer die vormdig in die volgende boek sit nie.  Ons moet nog hiervan skryf.
Om te weet is om te verstaan.