• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Woordfragmente

Started by Meraai vannie Baai, December 03, 2012, 02:33:11 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

SKRYF: Wat beteken die woord vir ons?

SueEe:
Sielsgebonde,
Kom die boodskap uit die hart
Reikend na pen en papier
Ydel om gelees te word
Flenters gedruk toe dit gehoor word

Aspoestertjie:
Deur blou bloed are
vloei koninklike booskap op papier
Ek moet skryf
want vriendskappe is duur
so vorm lewensprokies
nou en hier.

Juenka:
Sou ek nie kon praat nie
Kan jy my verstaan
Reël vir reël hoor jy my stem
Ystong gaan verlore maar
Fabriek van skryf is altyd oop

Mel:
Skryf is my asemhaal in 'n wereld vol sielsbesoedeling
Skryf is my ekweesjas in 'n land van hartsverskeurde storms
Skryf is my padkos op 'n pelgrimstog van begrip...van wie ek werklik is
En eindelik bly ek lewe