Author Topic: Kinders in die buiteland.  (Read 5312 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Kinders in die buiteland.
« on: November 29, 2012, 04:38:10 AM »
Die skrif is aan die muur.  Die klok het geslaan.
Na dertien maanse sonder 'n vaste salaris, het ons jongste besluit om buite die grense te gaan werk soek. 
Hierdie land bied vir hom en sy gesin geen heenkome nie. 
Sy twee swaers en een skoonsuster is ses weke gelede NZ toe.  Hulle het al drie werk gekry.  Huur 'n pragtige groot huis op 'n kleinhoewe.  Ry nuwe karre.  Hulle lewe weer. 

Ons hoor elke dag van mense wat hul werk verloor asgevolg van besighede wat sluit of firmas wat moet afskaal.
Ons besef nie die trauma wat hulle deurmaak nie.  Hul menswaardigheid en alles wat daarmee saam gaan, bly in die slag. 

Ons eens pragtige land is in die moeilikheid.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kinders in die buiteland.
« Reply #1 on: November 29, 2012, 04:43:27 AM »
Ek huil, huil huil vir almal wat deur hierdie trauma gaan matertjie. Sterkte. Dink aan julle. Ons het bykans sewe jaar in NZ gebly en dit is DIE mooiste eiland vir my. Jou kinders gaan geniet en jy gaan verlang, verseker maar jy het die wete, hulle gaan leef en menswees weer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Kinders in die buiteland.
« Reply #2 on: November 29, 2012, 04:52:40 AM »
Dit is darem 'n troos Raaitjie.  Die kleingoed is nog baie klein en sal maklik aanpas.  Die helfte van hul familie is reeds daar, so, vir hulle sal dit makliker wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kinders in die buiteland.
« Reply #3 on: November 29, 2012, 11:31:14 PM »
(((((((((PM))))))))

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Kinders in die buiteland.
« Reply #4 on: November 30, 2012, 07:57:26 AM »
Dankie Raaitjie. 
Jongste sê gister vir my dat hy erge gemengde gevoelens het.  Die treurigheid om sy land, waarvoor hy so lief is, sy mense ook, hier agter te laat en die opgewondenheid van 'n nuwe avontuur. 

In Rome is 'n "wishing pond" en die mense sê, as jy weer Rome toe wil kom, moet jy 'n muntstuk daarin gooi.  Ek het sommer twee ingegooi, want ek was nog jonk en jeukerig.  In NZ het ek nie eers so 'n "pond" gesien nie!  Nou sit ek en wonder of my spore weer daar sal val. 
Om te weet is om te verstaan.