• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Verskuilde Humoristiese Verse

Started by Meraai vannie Baai, December 02, 2012, 03:20:37 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Piet Magriet:

wens ons kon saam op die naat
van ons rue lê en vir die volmaan kyk.
Dik gevreet en vol rooiwyn.
Giggel oor alles en net vrede hê!

My ma het altyd gesê,
die Knysnabosse het afgebrand,
sy hoor die strontvoëltjies
fluit hier rond.

Wat wil jy hê vir vergiffenis... mushrooms?

~~~~~~~~~

Naas: Op die senter PM.

Ek het met my tette deurmekaar geraak
9 versreëls is 'n nonet
10 versreëls is 'n decotet
en ek dink 11 versreëls raak 'n verdomde kortverhaal

~~~~~~~~

Angelica: Ek hiberneer

Ek
is
nikswerd
in die Winter.
Vries op en smelt as
die reëndruppels op my val.

Meraai vannie Baai

Verskuilde Verse: saaN (omgekeerde swerkater) Virelai ancien

Hierdie Viriele Ansie gedig
smokkel met my grys massa.
Nes ek dink Khoi rym met kooi
kry San baster kleintjies.

Die intellektuele genie
wat die alfabet vir die digvorm
deurmekaar geskud het se
ringspiere moet pynlik saamtrek.

Piet Magriet: Raad en daad

Hier is geen pees-volle slaap nie,
die honde en die katte en die rotte op die dakke, 
die ape in die takke en die vuilgoed in die sakke, 
hou ons uit die slaap! 

Nie te praat van die treine op die spore
en die kinders in die voorste kore, 
pees-volle slaap is uit soos mieliepap
in die Kaap. 

Waar was ek nou weer? 
O ja!  By raad en daad! 
Wat wou u weet?

Welkom
Welkom hier by die drankbare drinkersusters se nes
Hier gaan alles! Ons sqeeze en ons teeze
en ons rook en ons suip en ons gaan lekker mal! 

Kan ek vir u enetjie skink met twee vingers soet rooi stropies
en 'n voet gemmerlim of verkies u 'n tequilatjie
Sheilatjie?

PM

Ek soek na humoristiese verse op die net en kom hierop af.  Wie het 'n versie om te deel?
:laughing7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ons kon besope raak met (of op?) die geskrewe woord. Wat 'n wonderlike voorreg was dit nie, en dat ons dit kon bewaar is werklik 'n skat ne!