• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Groendakkies

Started by Naas, November 17, 2017, 09:28:29 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Kan nie onthou of ek die al geplaas het nie...
Hoekom het die volgende mense in die groen dakkies beland?
Die hangman - Hy wou selfmoord pleeg toe verloor hy kop.
Die dominee - Hy wou sy vrou skiet toe is die koël deur die kerk.
Die slagter - hy het een dier te veel vermoor toe sien hy sy Abattoir.
Die sirkusnar - hy het oor sy voete geval toe lag hy sy gat af.
Die Tandarts - Hy het te veel gedrink toe raak hy getrek.
Die Aardrykskundeonderwyser - Hy het verdwaal toe raak hy van sy GPS af.
Die Posbode - Hy wou huis toe gaan toe verloor hy die adres.
Die Politikus - Hy wou die waarheid praat toe verloor hy sy konstetusie.
Die Bedelaar - Hy't gebuk om sy plakaat op te tel toe slaan sy robot groen.
Die Blondine - Sy't gedink...
Die Student - Hy wou nie leer nie toe dop hy die toets.
Die Kroegman - Wou 'n einde maak aan sy lewe met 'n shooter toe beland hy onder die prop.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Giggel ek nou alte lekker  :toothy4: dankie vir deel Naas. Kan nie onthou of ek dit wel voorheen gelees het nie maar dat ek dit geniet het, is verseker!

PM

Ek dink hiervan is in ons boek, maar ek gedien dit steeds om weer en weer te lees.
Dankie Naas.
Om te weet is om te verstaan.