Author Topic: kamer van my hart  (Read 2347 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
kamer van my hart
« on: May 19, 2011, 09:31:41 PM »
In die donker kamer van my hart
waar geen lied meer klink
en die lig al lank gestorwe
liefde, lewe, n flou herrinnering
van oudag lank gelede

van oudag tot noudag
is so baie tyd verspil
ek't gewonder of dit ooit kan reg
toe jy weg is - en die lewe stil

bietjie dag gelede sien ek n foto
dit skok my tot in my tone
begin soos n bang hond bewe
my mond is droog - my hart skoon kens

in die donker kamer van my hart
het n enkele helder noot gespeel
n dowwe liggie flits goud-geel
is dit die terugkeer van die lewe?

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: kamer van my hart
« Reply #1 on: May 20, 2011, 03:54:24 AM »
 :angel8:

Sjoe, hou van die 'oudag tot noudag'.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: kamer van my hart
« Reply #2 on: May 21, 2011, 11:38:57 AM »
O ja,  en     bietjie dag gelede     dit is baie mooi gestel.  Ek hou van jou woordgebruik Louis,  dit is vars! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Sharon

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 29
Re: kamer van my hart
« Reply #3 on: May 23, 2011, 10:49:37 AM »
Wanneer die lewe terugkeer, is die res net deel van mens se loop. Baie mooi! :angel8: