• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

hase jag

Started by Louis, May 24, 2011, 09:22:26 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

n vriend van my se pa vertel dat toe hy n kind was op n plaas iewers in die vrystaat het hulle maar moeilik met engels iets te doen wou he.
in die skool moes hulle maar engels leer of hulle wil of nie. hulle het toe n taak gekry om na die skool vakansie te vertel in die klas wat hulle
gedurende hulle vakansie aangevang het.
die klong was toe by sy oupa op die plaas waar hy n hele klomp windhonde het en dan nou sommer gereeld die honde uitvat veld toe om te
gaan jag vir hase.
hier is die storie wat hy in die engelse klas vertel
once upon a time I has a wind dog, him ran like stof so stan. when a hare outsprang, him him sommer fang.

Angelica

elle

Trapsoetjie

Lekker lag ekke nou, dankie dis wat ek nou  nodig het.. :love7:

:angel12:

PM

Shanks Louis, vir die deel hiervan.   :icon_biggrin:  Dit is kostelik. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Giggel ek nog steeds vir ons 'boere-ingels'. My pa het altyd gese hy ken net 'n handvol Engels: Yes and no and what stink so?  :icon_bigsmurf:

Toe Outop en ek later jare probeer om Frans onder die knie te kry vir sendingwerk het hy ons so beluister en al wat ons kon uitmaak was: 'se noe se moe...r'. Nodeloos om te se daar het nie veel van ons Franspraat gekom nie  :color:

Naas

Een ou tannie wat in ons straat gebly het was baie lief vir mans maar kon nie Engels praat nie. Sy het altyd gese al wat sy van Engels weet is "Yes en no en netnou weer.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hahahha. Wonder of dit nie dieselfde tannie was wat so ge moenie-moenie het, toe se die vryer mos 'don't worry about your money love, you'll get that later!'  :icon_bigsmurf:

Naas

Die non wat vir die inbreker vra: "Oe, wat gaan jy asseblief aan my doen?"
Dan was daar ook die straatvrou wat eers agtergekom het dat sy aangerand is toe die tjek hop.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

 :toothy4:  Moenie, moenie, moenie ophou nie!   :toothy4:  Ek geniet hierdie draadjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#9
Onthou ek nou skielik (met groot respek gedeel) van die ou tantetjie in die ouetehuis wat die inbreker terugroep: "Ryp julle dan nie meer die mense nie boetie?" Mag ek nooit so honger vir aandag word nie  :icon_bigsmurf:

Naas

Oproep kom deur na 911
Hello, dit is Virgin Maria hier. Daar is 'n gemaskerde man wat al om die klooster loop.
Tien minute later bel sy weer.
Hello, dit is weer Virgin Maria hier. Daai inbreker het deur die venster geklim en is binne die klooster.
Halfuur later bel sy weer.
Hello , dit is Maria hier. Julle kan maar los die inbreker by die klooster is nounet hier weg met 'n groot glimlag.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#11
Ek glo hy is ook nie die enigste ou wat glimlag nie.   :toothy4:

Onthou julle hierdie:

Why dit Pond's cream?
Because Maxfactor! 
Om te weet is om te verstaan.

Marinda Kemp

Ek lees vir Anton hierdie stories van julle en nou kruip my man soos hy lag!

Meraai, Meraai hier ondervind ons net ryp in die winter.  :icon_biggrin:

PM Ek dink Virgin Maria se glimlag was die grootste. Naas se storie laat my dink aan Anton se tannie DeBya. Hulle had geboer so neffens die rantjie agter ons. Prag plek gewees en deel van die ABO-geskiedenis.

Die plaasskool had had 'n Ingelse meneer en die skoolkinders wat sy huisves deur die week (hulle was kinderloos) kom na haar sy moet hulle help met vertaling van Afrikaans na Ingels. En toe word pofadder - poppy aybrim. En so word die woord streektaal en ken my kinders ook 'n pofadder op sy Ingelse naam.
Upington is nie vir sissies nie.

PM

Ons kan regtig lekker handuitruk, gelukkig hou ons darem ons klere aan.   :icon_biggrin:
Ek gaan vir jou 'n ander skakel oopmaak.  Ek glo jy is oud genoeg daarvoor.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.