• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My liewe Paternoster...

Started by PM, September 20, 2012, 08:58:02 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek kyk vanoggend (uit pure nuuskierigheid) na die advertensies vir blyplek in Paternoster en ek sien hoe het die mooiste plek verander in 'n komersiële entiteit.  Die hele atmosfeer is in sy glorie in!  Sies man, sies.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Het jy sneppie of skakel mater? Wil ook sien.


PM

Dit was so 'n mooi plekkie met sy eie atmosfeer.  Kleurlinghuisies en visserboodjies wat smiddae laat uitgekom het.  'n Ou kon daar by hulle vis koop.  Die hotel se kroeg was 'n besienswaardigheid en die winkeltjie het 'n bordjie voor die plek gehad waarop gestaan het "oep vir koep".  Nou kan dit net nie meer dieselfde wees nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek sien wat jy bedoel!! Hartseer man. Weelde kan mos nie selfde atmosfeer koop nie  :crybaby2:

PM

Die meeste klein dorpies in die Weskaap het so "ontpop".  Ek sou darem wat wou gee om hierdie jaar te kon gaan blomme kyk. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Watter Kapenaar kan kom vertel hoe die blomme lyk hierdie jaar?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Hierdie Kapenaar het nog nooit gaan blomme kyk nie.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek kan dit nie glo nie.  Ons ry duisende myle om die blomme te sien. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is nie 'n goeie toeris nie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Jy hoef nie eers ver te ry nie.  Net daar tussen jou en Langebaan is die Nasionale Park en daar is dikwels pragtige blomme. 
Vat die pad deur die Nasionale Park en dan kom jy by Langebaan uit.  Daar is ook pragtige blomme. 
Om te weet is om te verstaan.