• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

mark twein

Started by AB, October 05, 2012, 07:36:11 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

AB

Whenever you find that you are on the side of the majority, it is time to reform - Mark Twain (1835 - 1910)

PM

O liewe land.  Hy meen dit vat jare om almal te oortuig en dan, sodra die meerderheid saamstem, moet jy verander?  :icon_biggrin:

My jongste seg mos dat die enigste ding wat konstant is, is verandering. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

dis soos die jonges wta anders wil wees en dan studs in die lip en ooglid en waar ook al dra en tattoos en na 10 jaar het al hule pelle ook so gemaak en dan wil hulle dit weer uithaal en afvee ens maar dan is dit te laat.

Ek dink dis mense wat voel soos tropdiere wat die majority navolg.

ek is glad nie 'n groep mens nie, meer as 8 is 'n crowd en ek hou nei van 'n crowd nie.

lyk my dai klomp stakers is trop diere as jy sien hulle bondel in crowd saam as die vakbond so seg. is dit dan nie lekkerder by die huis alleen nie?
lekker vrye tyd om te lees en briewe te skryf en tv kyk en in winkels rond krap ens.........maar ongelukkig kan sommige mense nie vir hulle self dink of besluit nie.

PM

Ek stem.  Ek sal liewers drie naweke in 'n ry gaste afsonderlik onthaal as om 'n "trop" op een slag by my huis te hê.
Daar is 'n groep mense met wie ek 'n hond uit 'n bos uit kuier en die kuier sal nooit dieselfde wees as een van hulle nie daar is nie.  Die ander moet liewers "indiwiduele" aandag kry. 

Dit is mos so dat 'n mens in 'n groep kan kuier vir 'n week en vol energie uitstap en dan kry jy daardie een gesin en na 'n halfdag se saamkuier is jy morsdood moeg vir 'n week.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Groep? Nope.
Dit kan ook lekker wees om net die groep dop te hou. Soms skreeusnaaks.
Feit is, as jy 'n tropdier is, maak jy soos die trop maak.  Jou eie self verdwyn en jy neem die 'persoonlikheid' van die trop aan. 
As ek in 'n bondel kuier, raak ek 'weg'.  Hou net die spul dop.
elle

PM

In 1970 het 'n dosent by die onderwyscollege in Pretoria gesê: Daar is niks so permanent soos die tydelike geboue nie.  Ons het verlede week daar verby gery en sowaar, dit staan nog. 

Om te weet is om te verstaan.

AB

Quote from: Angelica on October 08, 2012, 07:19:41 AM
Groep? Nope.
Dit kan ook lekker wees om net die groep dop te hou. Soms skreeusnaaks.
Feit is, as jy 'n tropdier is, maak jy soos die trop maak.  Jou eie self verdwyn en jy neem die 'persoonlikheid' van die trop aan. 
As ek in 'n bondel kuier, raak ek 'weg'.  Hou net die spul dop.


laat my dink aan die volgende wat ek gehoor het:

Defenisie van skemer partytjie:

"n geleentheid waar almal saam eensaam is."

PM

Dit is kostelik.  As dit donker  is is almal onder die prop en dan vergeet hulle van eensaam wees. 
Om te weet is om te verstaan.