Soos die Japanese Haiku, is die Sijo (enkel en meervoud vorm) 'n baie gewilde Koreaanse gedig struktuur. Dit bestaan tradisioneel uit drie reëls met voorgestelde lettergreep-telling: 14 - 16 lettergrepe per reël. Dus 44 -46 in totaal. 'n Titel is nie 'n vereiste en word soms slegs aangedui as Sijo.
Daar is drie 'vorme' waarin jy jou Sijo gedig kan skep. Die tradisionele drie reël / die meer moderne ses reël aanslag en dan ook die struktuur waar die skrywer die reeds opgebreekte langer reëls weer opbreek in kwarte waar / // / ingespan word om die breke, gemiddeld 3-5 lettergrepe, aan te dui in jou gedig.
'n Sijo was meestal gesing met musiekbegeleiding. Binne hierdie liriese gedigstruktuur word daar gewoonlik in die eerste reël kennis gemaak met 'n probleem/situasie. In reël twee word die verwikkelinge rondom die probleem/situasie met 'n draai aan die leser voorgestel en met die laaste (derde) reël word daar 'n oplossing met 'n kinkel/verrassing in die eerste gedeelte aan die leser ontbloot.
Metafore/pun/woordspel, selfs grafiese simbole, speel 'n groot rol in die hierdie struktuur se samestelling waar sterk emosies waargeneem kan word.
Hier is voorbeelde van twee vorme waaruit die skrywer kan kies om 'n Sijo saam te stel:
(1)
'n Komposisie / in moeder natuur // se Y'e sleutel / naakte vingertak
wat ritmies / na die hemel wys // soveel harmonie / 'n Meester's skepping
waar lewe eens / met groen sambreel // dorre naaktheid / kuis bedek het
© Meraai vannie baai
*PM jy het vir ons hier ook 'n pragtige bydrae gelewer wat ek met trots wil uitstal
Met sy nuwe jassie word die moderne Sijo ook geskep deur die lang reëls op te breek in ses korter reëls.
VOORBEELD (2): Piet Magriet
Vergewe togEk sien die sondig mens daar kniel,
voor die kruis op Golgota,
in diep berou oor die sonde
wat hy pleeg van dag tot dag.
Tog, vandaar, dieselfde paadjie,
om net more, weer daar te staan.
© Piet Magriet