• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ons ouerhuis: 'n era afgesluit en onder die hammer nou

Started by Meraai vannie Baai, December 29, 2012, 01:03:24 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Hier het ons kinders groot geword. Van ons mooiste onthou-jy-nog's is hier gebore. Lief en leed gedeel. En so kom alles tot 'n einde. Die ouerhuis in Mosselbaai gaan binnekort nuwe eienaars kry en ek wonder of hulle soms die kinders se gelag en trippe-trappe-tone sal hoor?

Die uitsig van die huis af, oor die baai was altyd 'n fees.











Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

So kom alle goeie dinge tot 'n einde nê matertjie.  Gelukkig kan die goeie herinneringe wat 'n mens het, nie by jou weggeneem word nie. 
'n Huis wat die trippe trappe trone verloor het, is 'n huis wat sy siel verloor het.  Ek hoop van harte dat die nuwe eienaars baie liefde en aandag sal geen en dit weer in 'n ware tuiste omskep. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Feite julle - omkykverlange van goeie dinge wat tot 'n einde moes kom. Niks hou mos vir altyd sonder om te verander nie. Tyd speel soms rof met uiterlike en innerlike. Ons wag nou vir die epos van swaerie om ons in te lig of die ander offers wat ingekom het na die veiling, aanvaar is of nie. Dan sit ons die laaste punt agter hierdie hoofstuk in ons lewe en onthou al die mooi.

Fransi

 :hello:

Dit is moeilik om iets wat so 'n groot deel van jou lewe was en soveel herinneringe het, te laat gaan. Sterkte en geniet die mooi herinneringe.

Meraai vannie Baai


PM

Ek sal graag wil hoor wat die finale aanbod was Raaitjie.  Ek het nooit besef dat PE oor die 700 kilometers verder is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#7
Mater, my skoonsus skryf ons moet dankbaar wees vir die aanbod wat wel ingekom het tydens veiling, en ons is  :icon_biggrin: (R935 000) nou kan ons die hoofstuk afsluit en net die mooi onthou.

Angelica

Fransi,  daarom wil ek nie weer na my kinderhuis terug keer.
Die laaste keer wat ek daar was, het net die wit ruines gestaan.
Dit was geweldig traumaties vir my.
Soms kan ek dinge gou agter my sit en vorentoe kyk, soms neem dit jare om te verwerk.
Meraai, dit is soos 'n deel van jou wat nou weggeneem word.  Gelukkig hou ons foto's en herinneringe.  Dit help ook om met ander daaroor te gesels oor die ou dae om dit 'lewendig' te hou.
elle

Meraai vannie Baai

Dit is so Angelica. Daar is soveel staaltjies. Soms wens ek dat ons 'n bandopname by ons gehad het met die storieverteltye. Oupa was in Italie tydens die oorlogjare en het vliegtuie herstel. Die manne van ons het aan sy lippe gehang soos Gawie se tenkskoonmaakvissies aan die glas  :icon_biggrin: 

Fransi

Dit is waar Angelica. 'n Plek waar jy meestal veilig gevoel het, kon asemhaal, ontspan en as gesin/familie dinge saam gedoen het. Lief en leed in geborgenheid. Om terug te gaan maak seer en tog wil 'n mens altyd weer teruggaan, omdat jy dink, dalk hoop, dat jy dit wat jy verloor het, weer daar sal vind.
Afskeid neem, is nooit lekker nie, veral as van die ou gesigte nie meer deel kan wees van jou nuwe herinneringe maak nie.

:-) Meraai, of 'n versteekte videokamera wat al die spontane oomblikke vasgevang het en wat jy oor en oor kan speel. :-)

Meraai vannie Baai

Fransi jy skilder met hierdie woorde 'n ouerhuis: Lief en leed in geborgenheid  :notworthy: :hello2:
As ons 'n versteekte kamera in daardie huis kon he sou dit jare se pret verskaf het aan jonk en oud!!