Met die
Paint Brush & Threshold funkies kan jy jouself vermaak en eenvoudige ontwerpe skep. Weens 'n gebrek aan agtergronde, graaf ek gewoonlik die fotos uit waar daar 'n minder besige deel is en crop dit dan vir gebruik.
Geinspireer deur Sussa se koffieskeppings wou ek graag vir ons koffiekuierplek in wording die tweede 'kunswerk' skep. Ek het
Paint Brush soos 'n pen ingespan met die kleinste verstelling en die woorde vertikaal en horisontaal geskryf sodat van die letters oorvleuel soos met 'n blokraaisel. Die woorde (Moeggeswoeg, sit 'n bietjie iewers) het ek weer oorgegaan met 'n tweede kleur op verskeie letters.
Dit agterna my
woordstoel-kopkrap-fynkyk ding gedoop toe ek sien hoe Outoppie sukkel om die skrif te ontsyfer. Hy het dit in Engels probeer lees. Arme man! Hy kon darem die stoeletjie eien. Toe voel ek tevrede LOL.
Daarna het ek met dieselfde kwas 'n koffiebeker probeer teken - die kleure verander van tyd tot tyd om effenste diepte te gee.
glo my, daai kwassie is nie maklikste inkleurpotlood nie maar beslis die moeite werd agterna as jy kan gaande raak oor eenvoudige dinge in die lewe soos 'n skewe koffiebeker
Mens sien die woordstoel beter as jy 'n ent wegstaan van skerm. Hoop maar dit gaan mooi druk sodat ek dit kan gebruik as muurversiering!
Die eerste poging het so gelyk:
Daarna het ek gespeel met die
Threshold funksie en blou gekies as kleur omdat ek dit graag vir ons nuwe FB erf wou gebruik as lokaas
So lekker gespeel dat ek nog 'n bekertjie laat loer het, die woorde hier en daar weer oorgegaan; en toe lyk dit so nadat ek dit geraam het: