• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Onthou se doos

Started by Naas, April 18, 2012, 10:00:54 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Diep uit onthou se doos
krap ek die ou lewenspalet
in die oggend van my soek,
die oggend van my alleen.

Ek sien weer die kleure.
Helder staan elke kleur op
en gil die gebeure uit,
diep uit onthou se doos.

Helder ougoud trek drade,
drade muldelik en kwistig
met vreugdekwas geskep,
so krap ek die ou lewenspalet.

Maar ook 'n traan verwater
die vaalgrys van seerkry.
Seerkry wat palet deurmarmer
in die oggend van my soek.

Die oggend van my alleen,
ja, in die oggend van my soek
krap ek die ou lewenspalet
diep uit onthou se doos.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Van dag een af lief ek hierdie tru-verse van jou.  :love7:  As mens na die rigiede struktuur kyk, krap jy kop en wonder hoe gaan die eindproduk lyk? Hier is weer 'n puik voorbeeld en bewys dat daar unieke gedigte geskep word met die strukture beitel  :notworthy: :book1: :icon_salut:


PM

As daar nou 'n struktuur is wat herhaal kan word in die boek is dit hierdie een.  Pragtige voorbeelde Naas.  :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Ah Willa

My kreukelkammer klap hande oor hierdie mooi
my hartkammer voel hierdie mooi se rou
en my bek is stil, die woorde wat wil uitstorm is stom

ek is mal oor hierdie dig en die mooiste van die mooi vir my is:

Die oggend van my alleen,
ja, in die oggend van my soek
krap ek die ou lewenspalet
diep uit onthou se doos.
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Fransi

Ek lief hierdie gedig van jou!

Naas

Dankie julle.
Dis my gunsteling struktuur




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.