Toemaar, ek trek maar net jou siel uit, ek weet presies wat jy bedoel. So, wat jy vir my sê is dat dit goed is so. Dit is reg, want dit is die enigste reg wat die gemeenskap sal sien?
Trappies, ek glo dit is presies waar die verskil inkom. Is dit jou kind of is dit nie? 'n Mens se geloof kan jou sleg in die steek laat as dit so naby kom dat dit jou kind is. Dink maar net, jou eie klein vyf-jarige dogtertjie, dood gery, deur 'n dronkaard! Hoeveel genade gaan jy of jou geloof teenoor hom betoon? Dit is ook soos Naas heeltemal te reg sê, in die sisteem waarin ons leef, is daar nie geregtigheid nie. Die wetter sal skotvry daarvan afkom. Veral as hy een van die vet katte van die land is. Daar is mos verskillende normes, vir Jan Alleman of vir die Vet Kat wat deel is van die "alle magtigheid".
Ek is net bly dat ek nie in daardie situasie is nie, want my haat sou my lewe oorheers het. Skuus, maar dit help nou nie as ek probeer skynheilig wees nie. Dit is soos dit is!