Ek is so ontsteld jy kan met my "crackers" bak, daardie bomklappers wat jou ore laat tuit!
Ons lewe in 'n land van misdaad en die een wil 'n groter misdadiger wees as die ander.
Ons het die naweek na iemand geluister wat spog daarmee dat hy brandstof onder deur die tafel koop vir 10% van die werklike waarde. Op my vraag: Wakker dit dan nie misdaad aan as jy gesteelde goed koop nie. As daar nie 'n mark vir gesteelde goed is nie, sal misdaad sommer vanself doodloop.
Antwoord: "As ek dit nie koop nie gaan 'n ander ou dit koop!"
Vraag: "Is die deler nie net so skuldig soos die steler nie?"
Antwoord: "Nee wat, ek weet mos nie waar kom dit vandaan nie! Buitendien, in die land van die blindes is eenoog koning."
Asseblief! Dit klink vir my meer na 'n geval van "die blindes volg die blindes".
Vanoggend, kom die ou wat met ons kwotasies om die tuin te herstel hier weg is en versoek dat ons 'n paar van die plante moet uithaal sodat die versekering kan sien, waar die water dit weggespoel het is kaal
kolle.
Antwoord: "Skuus? Vra die persoon wat kapsie maak teen die kwotasie dat hy self iemand stuur om 'n kwotasie te kom doen, of self kom kyk wat se skade aan ons tuin gedoen is. Ek gaan nie oneerlik wees nie. Ek vra net dat my tuin sal lyk soos wat dit gelyk het voor die vloed. Dis al! EN ek voel dalk blou maar ek is nie blond nie!