1) Sitrusvrugte is ideaal om vet te verbrand en dit gee energie. Let daarop dat die geur van suurlemoen stres en hoofpyn teëwerk.
Resep:
1) Druk drie suurlemoene uit en meng dit met 'n liter water.
Voeg twee teelepels heuning by en drink elke oggend 200ml daarvan.
2) Kerf 3 suurlemoene en een lemoen en kook dit in 500ml water vir tien tot 15 minute. (Sonder die skil)
Voeg 2 teelepels heuning by en prut vir nog 2 tot 3 minute.
Sif dit en drink elke dag 'n glas vol voor etes. (drie)
3) Kerf drie suurlemoene en twee rooi pomelo's in dun skywe en kook vir 10 tot 15 minute in 500ml water. Voeg 3 eetlepels heuning by en laat dit vir nog 5 minute prut.
Drink drie glase per dag, een voor elke maaltyd.
2) Kool
Kool het 'n lae kalorie inhoud. Dit verbrand vet en is uitstekend vir die opbou van die beenstruktuur en gesonde hare en naels. Kool bevat baie vitamines wat gesond is vir die liggaam.
Sopdieet:
6 uie
5-6 tamaties
1 groot koolkop
2 pepers (risies)
'n bossie seldery
'n pakkie kitssop
Kerf als op en kook vir tien minute. Laat dit dan vir 'n verdere twee ure prut, of totdat die groente gaar is.
Eet elke dag 'n vrug saam met hierdie dieet en drink afgeroomde melk vir die nodige kalsium.
3) Wortels:
Wortels is 'n handige rou groente om byderhand te hê as 'n mens wil kyk na daardie oortollige vetjies. Dit is hoog in vitamin A en het natuurlike anti-oksidante. Wortels neutraliseer die maagsure en is die ideale teenvoeter teen honger. Dit is ook goeie raad vir rokers, want dit beskerm die longe en bou die imuunstelsel. Nog 'n ding, het jy al ooit 'n haas met 'n bril op gesien?
4) Tamaties:
Tamaties is 'n goeie bron van vitamien A, C en oksaalsuur. Die oksaalsuur verhoog die werking van die metabolisme. Die natuurlike sure, tesame met die minerale, werk goed om die niere te help om die vetneerslag uit te was.
5) Seldery:
Seldery bevat geen kalorië nie en is ryk aan magnesium en yster. Dit is 'n uitstekende anti-oksidant.
6) Vesel:
Vesel help om vetneerslag te verminder.
Sodra vesel in die maag beland, absorbeer dit die vloeistof en laat 'n mens gou versadig voel. Dit vertraag die opname van kalorië.
7) Appels:
'n Appel 'n dag laat die dokter wag en raak ontslae van vet, lag-lag.
Die pektien wat in appels, meeste vars vrugte en bessies voor kom, verhinder die selle om vet te absorbeer.