Dit is baie vreemd. Nadat die vloed deur die huis is, was ek die volgende oggend baie jammer vir die huis. (Eintlik was dit maar net bedekte selfbejammering.) Toe ons in die plek instap, nadat ons gaan "gum boots" koop het, het die druppels van die plafon af gedrup en straaltjies teen die mure en vensters gemaak. Ek het in trane uitgebars en vir Hannes gesê: "Ons huis huil".
Na nog 'n paar dae was ek "vies" vir die plek. Dit is 'n gevoel wat ek nie kan beskryf nie. Al hierdie emosies wat ek beleef het, wat irrassioneel is. My brein was in 'n maalkolk, (en ek dink dit is dalk waar ek die skade opgedoen het
) Jy sien maar jy begryp dit nie. Die elektriese- en elektroniese toerusting het die een na die ander ingegee. Bo teen die mure waar dit by die dak bymekaar kom het swart alge begin vorm. Alles het net gelyk asof daar niks meer te red is nie.
Adelé, ek het ook vir Hannes gesê dat daar weer ander verbeterings is wat 'n mens aan 'n ander huis moet maak. Ek het nou die meeste van die sleg verwerk en sal maar stelselmatig begin om alles weer reg te kry. Dalk voor Kersfees?