• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Romerige hoendersop

Started by Terry, January 15, 2014, 09:13:45 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

4 hoenderborsies, in klein blokkies gesny
1 groot ui, fyngekap
1 wortel, gerasper
1 pakkie gesnyde sampioene
1 hoender stock cube
1 bakkie mascarpone roomkaas
sout en peper

Braai eers die ui en wortel tot sag, voeg dan die sampioene by en laastens die hoender.  Sit dan die stock cube by met genoeg water en kook tot die hoender sappig maar gaar is.  Vou die mascarpone by en sout en peper na smaak.

PM

Dit klink heerlik.  Een van die dae is ek tuis om te proe!
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

I do wonder - if one smoke the chicken prior to using it in the soup, it should bring a lovely smokey taste to the soup. I also think that smoked turkey would be lovely too.

Terry

In Dubai het ons baie baie turkey geeet, dit is heerlik!  Dit is een van jou maerste stukke vleis en kan op enige manier gaar gemaak word.  Ek is absoluut mal daaroor.  Ek kry dit nerens hier in SA nie, behalwe toe ons eendag deurgery het Thabazimbi toe.  Hulle het 'n groot Checkers daar met heerlike groot stukke turkey.  Hoe wens ek nou dat ek dit gekoop het.

Ek is geen kenner van vleis rook nie, maar dit klink vir my baie goed met die sop.

Terry

En wat dalk van baie crispy spek bo-op die sop?

Jeannedarc

I think you should be able to get turkey from Meat World - I have seen it there

Jeannedarc

Please, I'm at work and now I'm drooling over the keyboard

Terry

Toemaar, hierdie gesprek maak my net so honger!

Jeannedarc, as PM hulle terug is, nooi ek julle vir romerige hoendersop met tuisgebakte brood.  Hoe klink dit?

Jeannedarc


PM

Dit sal heerlik wees!  Ek kan nie wag nie.  Volgende naweek is ons laaste naweek hier in NZ.  Die tyd stap aan!  Onthou dit is nog my verjaarsdag ook die 16de.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Terry

"Welcome home" partytjie, verjaarsdag partytjie..  Dit klink vir my ons gaan nog baie lekker kuier en eet.