• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Juffrou se Engeltjie!

Started by Naas, May 18, 2011, 09:21:11 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Vanoggend, toe die nag verdwyn
het mammie jou kom wakker maak.
Toe het die sterretjies in jou ogies kom skyn.

Jou oggend gebedjie, uit jou hartjie so rein,
Was vir jou 'n belangrike saak,
vanoggend, toe die nag verdwyn

Nou staan jy hier voor my, broos en klein.
My hart versag en jy sien dit raak,
toe het die sterretjies in jou ogies kom skyn

Jou laggie borrel in my ore soos vonkelwyn
en ek weet ek moet oor jou waak,
vanoggend, toe die nag verdwyn

vandag het ons dalk vreugde, hartseer, pyn,
maar vanoggend toe jy my deur oopmaak,
toe het die sterretjies in jou ogies kom skyn

Jy, my bondeltjie liefde, teer en rein.
Dit is jy wat my lewe belangrik maak,
Vanoggend, toe die nag verdwyn,
toe het die sterretjies in jou ogies kom skyn


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Angelica

Ai man. Dit is pragtig.
Hoop al die kindertjies in jou klas is engeltjies.
:angel8:
elle

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Daar sien ek die prentjie en dit maak my hart ook week!

:icon_biggrin:  Die "kindertjies" in Naas se klas!  Engeltjies?   :icon_biggrin:   :book1:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Ja PM engeltjies is seker ook nou nie een van die name wat ek die kinders sou gee nie...Baie mooi fiksie Naas  :headbang:  :icon_biggrin:

Wens dat die "engeltjies met 'n B vooraan" in jou klas die "B" sal verloor...

:angel12:

Naas

Nee o hel. Dan's hulle ojane.

:dontknow: of liksems  :evil6:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

 :icon_biggrin: Lekker lag ekke nou, jy is skerp Naas...

Okay laat ek gou verduidelik. In Nederlands as iemand nou nie 'n engeltjie is nie (met anderwoorde teenoorgestelde van 'n engeltjie is) word hulle 'n "Bengeltjie" genoem wat dan die teenoorgestelde is van 'n engeltjie.  :read2:

So al jou ojane en liksems is ook almal Bengeltjies!

:angel12: soos my prentjie wil voorgee!  :toothy4:

PM

Bengeltjies!  Dit kan werk ja!   :angel12: 

Ons is besig om Ouma se opname "op te neem" en sal dit binnekort op CD plaas.  Sal vir julle 'n kopie saam bring Naas.
Om te weet is om te verstaan.