• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

skilfertraan-reen

Started by Louis, May 18, 2011, 09:45:35 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Louis

Skilfertraan-reen

Groot wit vervalle reuse
met guano bedekte dak
weskus se helder son
weerkaats van splintervenstervlak
verbrokkelde pillare - voorheen n kaai
waar skuite hul vangs kon bring om af te laai
eens n statige simbool van vooruitgang
n trotse vissers bestaan

die wurggreep van gulsigheid
het die oorhand geneem
selfs oosterse plunderaars
het hul skepe gebring
visbronne word meedoenloos gevang
die vernietiging eis n hoe prys         
die eens statige simbool van vooruitgang
het gestotter,
tot stilstand geruk
gefaal

voorheen se blink yster monsters
masjienerie wat die vangs verwerk
le oral rond op die wal
net hope geroeste skrootstaal
in die son sit vistermanne en ween
hul toekoms voor hul weggeneem
die eens statige simbool van vooruitgang
se afgewitte murasies
reen nou verfskilfertraan

Angelica

Baie welkom hier op die Afrikaanse Forum, Louis weka.
Hoop jy gaan nog gedigte vir ons bring.
'Skilfertraan' is regtig besonders.

elle