• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

eiendoms ontwikkeling

Started by Louis, May 18, 2011, 08:06:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Louis

wanneer die son oor die berg se kop kom rol
en die wynrooi gloed van sy vlamme uitstort
die vallei in skakerings van pienk dompel
voordat sy helder lig die dag oorrompel

dis hadeda se skrikwekkende kreet
wat die kraakvars stilte breek
die voels fluister nog saggies vir mekaar
voordat die tyd aanbreek vir babbel en baljaar

klots en tjorrel n helder stroom oor klippe en gate
ek sit hier vir oulaas met my voete in die water
wyl druppels brandend oor my wange vloei
een vraag wat my hart laat bloei

wat besiel hulle om dit ook te vernietig?

Angelica

   :angel8:
Hou daarvan dat jy eers vir ons die skoonheid van die natuur gee voordat jy ons daaraan herinner dat dit alles (hopelik nie) vernietig gaan word met sogenaamde 'ontwikkeling'. In my oe... vernietiging.
Moenie ophou skryf nie.
elle

PM

Wow,  dit is soos 'n beleĆ« volronde rooiwyntjie!  Smaakvol op die tong!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.