• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My liefde vir Afrikaans

Started by PM, March 30, 2011, 05:29:18 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Ek is lief vir baie goeters en dinge,  maar mal oor ons taal.  Spêling is nie my beter kwaliteit nie,  ek glip soms oor my taalgebruik en leestekens kry my soms onder,  maar dit doen geen afbreek aan die liefde vir my taal nie.   :love5:

In die dubbelsinnigheid van ons taal lê soveel humor opgesluit;  alhoewel daar 'n fyn lyn tussen "keurig" en "plat" lê, bou humor 'n stewige brug daaroor. 

Hoe voel jy oor ons taal? 
Om te weet is om te verstaan.

quizagunter

DITTO!!  Ek is nie 'n hoogdrawende spreker nie, maar haat dit as iemand Afrikaans opmors en dink hul beïndruk.  Self predikers begin dit doen.  Hul blyk bang te wees dat die jeug hul sal uitlag as hul Afrikaans praat en nie die deursnit "slang" wat ons gedurig hoor.  Ek is teleurgesteld in die praat-, skryf- en leesvermoë van 'n groot aantal van die Afrikanerjeug.  Dis ons plig om dit reg te stel, sonder om neerhalend 'n ophef daarvan te maak!!  Vrede

Naas

Ek noem hierdie deurmekaar taal waarvoor ons kunstenaarsikone so lief is Barbaraans.

Glo my, die taalgebruik maak my heilig want dit frustreer al die hel uit my uit.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

 :tongue8:  Sluk ek lekker aan die Barbaraans.   :evil6: 

Ek het ook juis gedink dat die groot ikone nou eintlik die ouens is wat vir die jeug 'n voorbeeld sou stel.  Daar is darem 'n paar ouens wat pragtig Afrikaans praat en hulle verdien 'n groot handeklap.  Dan sal ek ook my woorde moet deurdink voordat ek dit verbarbaraans.   :icon_biggrin:

Sal ons jou nou helloos noem Naas?  *grappie*
Om te weet is om te verstaan.

Karin

Ek is net so mal oor my taal. Hier is 'n voorbeeld van afrikaanse humour.




Stof

Afrikaans is my trots.  Die taal waarin ek droom.  Die taal waarin my gedagtegang is, waarin ek dink en besluite neem.  As ek die taal in my woorde sou vermink, sou dit ook mettertyd deurskemer na my denke.  En uiteindelik, ook my besluite, oordeel en selfbeeld negatief beïnvloed?

Wêts waai: Mie ounlie koemit ienglies out ov selv divens.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

PM

Een van ons eerste plasings.  Reg?
:icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

WOW! 30 Maart, 2011. En hier is ons nog steeds, net so lief vir ons taal. Ek moet skandelik erken na 18 jaar landuit, omring met Engels van lig tot donker moet ek soms skandelik terugsluip om foute te kom herstel. Span gereeld die woordwa voor die taalosse in  :icon_bigsmurf:

PM

Die heel belangrikste is dat jy deelneem Raaitjie.  Ons maak almal foute.  Ek het nie eers so 'n goeie verskoning soos jy nie en ek tel nie eers my foute op soos jy nie.  Weet net dat ek vreeslik dankbaar is vir jou.  Mag ons nog soveel en meer jare hier op die forum spandeer en nog meer kosbare taalmedaljes hier plaas.
Om te weet is om te verstaan.