• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sielsdief. (Altzheimers)

Started by Naas, May 02, 2011, 04:14:02 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Die deur se klap
dawer deur sy kop
om in die leë gange
in stille eggo's te verdwyn.

Haar beeld groei voor sy oë
tot onbekende spook
want haar gister fotos
het verdwyn in wolke mis en rook.

Die soutsmaak van sy treur
as sy tong oor bewend lippe gaan
op soek na vergete soene
se proe in elke traan.

Vreemde walms parfuum slaan vas
in doolhowe van reuk
wyl lang geleë se onthou
sukkel om vergeet te breek.

Haar sagte hand van liefde
paai rillings deur sy lyf,
bring verstroosting en aanvaarding
wat alleenwees tydelik verdryf.


Sintuiglike gedigstruktuur.



  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Pragtig!  Daar trek jy nou 'n stofstreep,  voor in die koor!   :icon_biggrin:  Ek lief julle werk,  dit is baie goed. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

As jy kan, kan jy! Wat meer kan 'n mens noem? Naas jy bly 'n doring. So dankbaar elke keer as ek sien dat ons ou woordskeppings nog steeds besoekers lok. (Grinnik - ja ek lees weer oor 'n skouer).

PM

Kan jy glo, slegs twee komtare maar oor die 800 keer gelees. 
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

PM, ek verstaan ook nie daardie ding van die baie lees en min ,taartjies nie.  Skitterend, Naas.  So 'n hartseer onderwerp, wat nou ook vir ons geslag om die deur staan en loer.   :sad5:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Seer seer woorde inderdaad :crybaby2: en die wete dat geliefdes of jyself 'n slagoffer van die sielsdief kan word, laat mens elke stukkie onthou van vooraf vertroetel.  Net gister weer 'Notebook' gekyk en myself weereens verwese getjank.

Anastasia

Ek dink Notebook sal vir ewig daar bo op my weer en weer lysie bly.  Dis 'n nare siekte, wat mens stuk vir stuk van jou geliefde beroof.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!