• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Boek titelverse

Started by PM, June 28, 2013, 11:03:53 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Raaitjie, waar is die plasing wat jy gemaak het oor die boeke met die titelverse.  Ek sweer dit was hier en nou kry ek dit nie.
My sein het uitgesny en toe ek terugkom hierheen is dit weg.  ???
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

ek het gou die forum gesearch en dit bring net die post op .. dalk is dit iets anders genoem en nie boeke met die titelverse  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Lees nou die pos raak oor 'n gas se skouer.   :icon_scratch: Ek moet dit nog iewers he  :icon_scratch: Anders sal ek nuwe plasing probeer maak. Spook net eers met paar dinge wat ek klaring voor moet vind dan is ek weer op my pos.

PM

Hoop jy kry gou klaring sustertjie.  Weet net dat ons lief is vir jou.  Die res kan wag.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#4
 :`ip2: Opgespoor  :icon_biggrin:

By gebrek aan genoeg Afrikaanse boeke om die titels te rangskik, het ek Engelse titels vanuit ons boekrak gekies.

Viva  Grafica
The artist way
Semi-Permanent
Lovemarks
A sky full of kindness
Access to health



Nog 'n voorbeeld:

His needs, her needs
The skeptics Guide to God
Forgiveness and other Acts of love
The lost recipe for happiness



Hier is my gunsteling  :icon_biggrin:  :icon_bigsmurf:

No angel
Basic instinct
The secret life of Evie Hamilton
a good woman



Meraai vannie Baai

#5
Daar is soveel voorbeelde op die internet beskikbaar as jy 'Book title poetry' opsoek. Vir die ou wat die titels meer vloeiend wil inspan is die gebruik van 'n skoon papierjas met handgeskrewe woorde blykbaar 'n oplossing. Dalk steel ek iewers tyd en probeer dit. Intussen los ek 'n skakel.

http://annieneugebauer.com/wp-content/uploads/2012/02/The-Book-of-Virtues.jpg


PM

Dit is werklik baie interressant.  Ek het ook die titels geskommel en dit kan ook werk. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Julle sal nie glo HOE ek ons saamspeel tussen lyne mis nie. Lees weer saam oor 'n gas se skouer en kom toe af op hierdie boektitelverse. Wonder ek wie het ook al in die biblioteek gestaan voor 'n rak en probeer om 'n vers saam te stel met die titels voor jou?  Is dit 'n simptoom van 'n woordverslaafde?
:icon_scratch: :book1: :bootyshake:

PM


Dit is lekker om met titels te speel. 
Ja Raaitjie, dit is 'n teken van woordverslaafdheid.   :love7:

Hier by ons is dit net so stil en eensaam.  Ons spook nou met agt tot tien ure beurtkrag elke 24 uur.  As ons nie krag het nie, dan sit ons dikwels nog sonder water ook.  Geen krag, geen water pomp nie.  Geen internet en geen selfoonopvangs nie.  Die moeilikste vier ure is van elf tot een en van sewe tot nege.
Om te weet is om te verstaan.