Author Topic: Nou wonder ek....  (Read 5960 times)

0 Members and 3 Guests are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Nou wonder ek....
« on: July 02, 2012, 01:09:19 PM »
... wat is erger.

Baas van die plaas verklaar 'n vergadering nader. Almal sit om die ronde tafel en wag op die gewone opdragte. Dan maak hy sy mond oop en na die eerste paar woorde hoor jy nie veel verder nie. Net die paar wat oor en oor maal in jou hoof. Jammer skattie maar ons gaan jou moet laat gaan. Die maatskappey kry swaar.. . . . . . . .  soos ek sê ek glo nie die een wat dit aan hoor, hoor enige iets verder nie. Wel ek glo nie ek sou nie.


of


Baas lig jou toe dat die maatskappy nie so kan aangaan nie, daar sal drasties veranderinge moet plaas vind. bla bla bla....so een week na 'n ander.... Kry nooit 'n antwoord op jou vraag "moet ons ander werk begin soek" nie. Net elke week die selfde storie. Dan die maand is die maand van maak of breek, dan kry hulle weer stilstuipe. Tot die dag dat DIE dag aanbreek en daar veranderinge plaas vind.


Wonder ek nou so by my selwers, watter een is beter?  :icon_scratch:

Kan nie dink een van die twee kan goed wees nie.  :dontknow:

 :angel12:
« Last Edit: July 02, 2012, 01:14:28 PM by Trapsoetjie »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Nou wonder ek....
« Reply #1 on: July 02, 2012, 01:38:31 PM »
Baie moeilike een...

Ek weet hoe dit in my geval (ge-)voel (het).
Ek weet OOK hoe die personeel van een van die Divisies gevoel het wat 'n kantoor met ons gedeel het.
Eers het hul hul eie kantore gehad.  Om kostes te sny word hulle na ons lekker groot kantoor geskuif.  In hierdie paar maande gaan dit nie goed met hulle nie.  Hulle het al gehoor dat as 'sales' nie optel, die Divisie sal moet sluit.  'Sales' tel nie op.  Nie in Gauteng, ook nie in die WesKaap.  
Ek sien elke dag hoe die WesKaap-personeel swoeg om verkope te maak terwyl die swaard bo hul koppe (of is dit nou oor hul kele?) hang.
Wat ek baie by die sekretaresse hoor is:  Kan hulle nie net hul minds opmaak of ons moet gaan of vir hoe lank ons nog so in die duister gehou gaan word!!  Ons wil of voor begin/aangaan met ons lewens, maar ons kan nie so in die duister werk toe kom en jy weet nie of dit dalk vandag die dag is dat jy die e-mail of woord sal kry.  
Ek het maande so saam met hulle gewerk.  
Toe H/O en HR die dag opdaag, was almal op breekpunt.  Almal sal moet gaan.  Een maand waarin jy jou werk moet doen in omstandighede waarin jy eerder by die huis wou bly.  By hulle was daar nie soveel lojaliteit tot die end soos in ons geval.  

Dit is nie net die verloor van jou inkomste nie.  Dit is baie baie meer.  Die rimpeleffek strek myle ver vir jare lank.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Nou wonder ek....
« Reply #2 on: July 03, 2012, 02:40:24 PM »
moeilik

seer

nooit maklik nie
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Nou wonder ek....
« Reply #3 on: July 04, 2012, 03:20:42 AM »
Dit is beslis daardie swaard oor jou kop (teen jou keel  :icon_biggrin: ) wat net soveel skade doen as die aflegging.  Daar is mense wat rustig kan sit en wag vir more, omdat hulle nie die bobbejaan agter die berg gaan haal nie, maar dan is daar ander mense (soos ek) wat wil weet.  Ek wil beplan.  Dalk omdat ek gewoond is aan 'n lewe waar more verskuil is.
    Wat en waar is die volgende projek en moenie eers probeer om 'n tyd daaraan te koppel nie, want daar is te veel faktore wat 'n rol speel.  Dan kan so baie dinge voorval, - al is dit net 'n opgaartenk wat deur jou huis gaan en die berg saam deurstuur, - wat veroorsaak dat jy nie meer deel van die projek is nie. 

Ek vra noudiedag vir 'n grootbaas:  Hoekom waarsku julle nie die mense voordat julle hulle aflê nie?  Hy sê, dan steel die mense jou rot en kaal of hulle beskadig jou besigheid.  Dit is ook hoekom hulle iemand wat bedank summier sy kantoor laat ontruim. 
Vra ek hom: Weet jy hoe groot impak dit op mense le lewens het?  Ja, dit is hoekom hulle betaal vir berading! 
Daar is kopsiek mense daarbuite! Lojaliteit behoort aan die verlede. 

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nou wonder ek....
« Reply #4 on: July 04, 2012, 03:50:45 AM »
Die ergste is as jy agterna hoor die ouens (wat onder die gelukkiges was om nie hulle werk te verloor nie) het almal so goeie verhoging gekry want hulle gaan nou harder moet werk as voorheen weens verminderde staf. Dan krap ek kop en maak sommetjies, dit sou minder gekos het om nog een persoon hulle werk te laat behou het, as wat die verhogings is  :dontknow:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Nou wonder ek....
« Reply #5 on: July 04, 2012, 04:12:45 AM »
Dit is so belaglik, want deesdae is die werkslas in elk geval so gewigtig,
mense werk klaar hul 00 af.  (Dit is mos meervoud?)

As daardie base besef wat hulle aan mense doen met aflegging, sal hulle twee tien keer dink.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nou wonder ek....
« Reply #6 on: July 04, 2012, 04:14:51 AM »
 :`ip2: En so uit die hartseer situasies word daar nog beeldende woorde gebore. Ek verpak jou meervoud in die mandjie mater  :notworthy: :icon_salut: