Ek het al in januarie vanjaar 'n 2 klagtes telefonies by ABSA ingedien, een oor afskeep van Afrikaans en ander een oor die hoë bankkoste.
Die klagtes is telefonies opgevolg maar net gebelowe iemand sal my kontak daaroor, net dat die volgende persoon ook maar sê iemand sal my kontak daaroor. Die laaste van wie ek gehoor het was een van die hoof bankbestuurders van die hoofkantoor in JHB.
Toe begin ons pars en ons lewe word lekker deurmekaar gekrap met die huis wat gebrand het en op 4 Mei besluit ek om weer die saak aan te roer, die keer et e pos.
Iemand bel my toe en sê sy bel net om my in te lig dat die brief ontvang is en iemand sal my skakel. 3 dae later het iemand my geskakel oor die klagte van Afrikaans wat afgeskeep word en hy sê hy sal die klagte aanstuur en iemand sal my kontak.
Dis nou 4 weke later en nog niks verder weer gehoor nie. O ja, hulle het darem met e pos bevestig dat die klagtes ontvang is en vir my 2 verwysings nommers gegee, een vir elke klagte.
Die brief lyk so:
Dankie vir u e-pos.
Absa bedank u dat u hierdie ongelukkige insident onder ons aandag gebring het.
Ons verhouding met u, ons kliënt, is waardevol vir ons en ons wil dit graag uitbou. Opbouende terugvoering van ons kliënte word altyd aangemoedig omdat dit verseker dat ons diensbelofte aan u gestand gedoen word en dit deurlopend verbetering aanmoedig.
Absa is verbind tot uitmuntende diens en ons vra opreg verskoning vir enige ongerief .
Ons het al u besonderhede aangaande u navraag op ons “Customer Care” Sisteem toegevoer.
Hiermee u verwysings nommers: xxxxx en zzzzzz
xxxxxx: Aangaande die klagte oor die bank kostes en rente
zzzzzzz: Aangaande die klagte oor die Kontaksentrum taal
Ons vra weereens opreg verskoning.
Hierdie brief is op 7 Mei aan my gestuur en steeds het ek nog niks weer van hulle gehoor nie.
Hoe lank moet ek wag voordat ek die saak weer aanroer? Hoe gouer ek maak hou gouer sal hulle dalk agterkom ek is ernstig en het nei van die saak vergeet nie, hoe langer ek wag hoe meer kan ek daarop klem plaas dat hulle seg my hulle is verbind tot uitmuntende diens maar ek beleef dit nie so nie.
Of is dit lelik van my om ABSA aan te vat oor die goed wat pla? Ek dink nie so nie.
Ek het by Capitec 'n rekening oop gemaak en doen nou al my betalings deur Capitec ipv ABSA en ek het in die week wat verby is ook al my debiedorders laat oordra om deur Capitec betaal te word. Ek reken ek gaan so om en by R30 na R400 per maand spaar op bankkoste deur net dit te doen, o ja dan kry ek ook nog rente by Capitec ( spaarrekening) waar by ABSA kry ek geen rente op die tjek rekening nie. Ek kan die Capitec spaarrekening soos my ABSA tjek rekeing gebruik deur geld met internet oor te betaal en geld te trek by enige OTM en sommige winkels soos P&P ( teen minimale koste van R1 waar dit met ABSA kaart baie meer kos.)
Ek kan met my Capitec kaart by ABSA se OTM vir R7 enige bedrag geld trek waar ek minstens so iets soos R28 moet betaal en dit raak net meer vir meer kontant trek.
By Absa ka van my debiedorders tot R38 per keer en by Capitec kos dit R3 om dieselfde transaksie te laat doen.
Wag nou verdwaal ek. Ek het gevra hoe lank nog voor ek vir ABSA of is dit GRAPSA, moet vra wanneer ward my klagte opgevolg.