• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plasing 9 - Boek 2 Dis koud

Started by Angelica, June 19, 2012, 05:45:26 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Dis Koud

Dis koud

haar arms knoop om haar lyf

Tafelberg se voet staan nog diep
in die oggend se besoedeling,
geen sweempie van 'n stad
die grysblou hemel buig laag
vir 'n oggendkus van sy ewe grou geliefde
dis net die kabbel van die laagwater
en 'n enkele kormorant wat geluid om haar...

Dis koud

branderplanke hang soos dryfhout,
hul vrag wagtend op 'n grote
wat met elke sewende telling
wit skuim gooi.
aan die oostekant van die baai loer die son
nog vaak oor Paarl se Berg
sy warm hand, asof troostend, op haar rug

Dit bly koud

amper-wolkekrabbers en oggendverkeer
beur deur die besoedeling
en die geur van Malissa's se koffie
vlei teen haar aan…

van hier moet sy omdraai,
groet
sy seespook agterlaat…
dit weet sy


©Elsabe
elle

PM

en 'n enkele kormorant wat geluid om haar...  Pragtig, ek lief dit.

Dit is 'n kras teenstelling met die wingerdblaregedig, soggens as jy werk toe ry, maar dit is seker nie meer lank voor die koue verby is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dankie.
Ek hoop om die wingerde weer te sien as die seisoene ruil.
Koud?
Winter gaan nog lank duur op die Kaapse velde.
My hart het ek toe gesluit.  Die moet maar warm klop vir anner goed.
elle

PM

Sodra jy net die sleutel in veilige bewaring hou!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Tafelberg se voet staan nog diep
in die oggend se besoedeling,

wat 'n raak beskryfing van wat ons elke dag beleef oor simpel fabrieke wat rond staan en stoom afblaas ...

pragtig - jou gedig leef en trek mens in ... en ek lees meer as net oor koud kry in die gedig ... elke weer lees gee vir my 'n ander sonstraaltjie ... pragtig
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w