• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

365 Dae gelede...

Started by Angelica, May 01, 2013, 10:40:14 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Jy is reg, bly kalm.  Vertel my net hoe, ek wil al my speelgoed uit die kot uit gooi omdat my 5 slapies wat oor is om huistoe te gaan nog ses weke uitgebroei het.  Eish!
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

PM ek vind dis goed om eers gou die speel goed uit die kot te gooi en lekker te gil as dit moet, en dan gryp mes die kalm see met albei hande aan en ry die woeste branders maak nie saak wat, met 'n smile en vrede in jou gemoed ...

ek het vanoggend so my toys gou uit die kot gegooi - want ons beplan ons tyd en dan kom voeter ander se moeilikheid dit verby ver om en dan is ons deurmekaar en agter met alles ... en was my vurk verbuig en windverwaaid ... na die gille voel ek skielik bloed jonk en vol energie ...  en woep-wap draf ek deur alles wat die laaste twee weke agter geraak het en is ek nou so vervoor dat ek selfs more kan afvat ha ha ha  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Gelukkig het die wiel gedraai.  Die ses weke het nou nog net 7 slapies geword. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

nou is dit net 6 slaapies  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Joe Daai Ou

Die beste word altyd gehou vir laaste! 'n Maand gelede begin dinge net reg val vir my! Ek kry nuwe werk na maande by die huis, maar daar is 'n triek aan verbonde! Ek kan nie begin alvorens die man se trokke wat hy bestel het, nie gekom het nie. Die trokke is volgende week hier. Volgende week is dit weer 'n ander storie en so gaan dit aan. Moedeloos verby sit ek en wag soos 'n spinnekop op sy web. Skielik begin my telefoon lui en daar is dit 'n vrou wat my uitnooi vir 'n onderhoud met 'n buitelandse maatskappy by wie ek aansoek gedoen het maande gelede en waarvan ek al vergeet het. Ek gaan en wragtag daar kry ek die werk en kan dadelik begin. Ek begin met 'n gespesialiseerde kursus by hulle. Ek gaan nou ook deel hê in hierdie land van ons se onversadigde aptyd na krag. Ek is een van 4 wat hierdie baie groot Windmeulens wat krag opwek moet vanaf die skepe vervoer na die windplase waar hulle opgerig gaan word. Top JOB! Top vergoeding en Top werksomstandighede! My water is na Wyn verander en dit is nie enige wyn wat 5 fights op 'n bottel waarborg nie, nee dis Premier Select Reserve wyn die! Nou wonder ek, hoekom het ek so gepanic? Dis seker maar menswees daai! Onthou vriende en vriendinne, die beste word altyd gehou vir laaste! As die wyn opraak en die bruidegom verleë staan, dan vind daardie wonder plaas! Dan sluit die kelders van Bo oop en stel beskikbaar daardie Premier Select Reserve bottels! Oe my Aa, die lewe is mooi en lekker!
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

AB

Praat jy Joe. ai ek is bly vir jou se part man. uiteindleik het die poeding vir jou ook gekom. mag jy top gelukkig en geseënd wees daar by die nuwe werk.

Angelica

Jitte, dis wonderlike tye...
O, gelukkig is ons wat die patience het om te wag.. te WAG OP DIT WAT VIR ONS UITGESIT IS!!
'Skuus, maar ek is opgewonde as ek hierdie dinge hoor en sien.
Geduld om te wag op wat God vir ons wil gee op die regte tyd. 
Joe Daai Ou, ek's bly daardie trokke se petrol het opgeraak en hulle het gaan staan voor hulle by jou kon aanmeld.
elle