• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

skies vir my stilstuipe

Started by Ah Willa, April 18, 2012, 05:55:38 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ah Willa

Gistermiddag het ons Hope Heals Heart se dvd opgeneem - wat net 'n uur en half episode sou wees, het toe drie x 'n uur episodes geword - dus sal die DVD ook 3 ure lank wees .. was ongelooflik hoe God onderneem en gelei het ...   ons het geen vaste beplande struktuur gehad nie - net dat ons 'n boodskap van hulp en hoop wil oordra aan mensies wat ook stukkend is ...


julle kan meer lees op AJ Awareness Projects se webtuiste - gaan 'n maand of twee wees voordat DVD reg is (10 van my gedigte/liedjies word gesing deur Ilse Jones en dan is daar 'n talk show met die panel tussen die liedjies deur)

http://ajprojects.co.za

PM, Debbie, Naas, Angelina - sien 20 kg ligter as toe julle my by jul pragboek se launch gesien het - nog 20kg to go - Andre stabliseer nou - hy het 35 kg verloor :-)

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai


PM

Jy het darem laat weet dat jy besig is met die projek.
Ek is bly dat dit suksesvol afgehandel is.  Baie geluk daarmee.
Baie geluk ook met die pragtige prestasie.  20 kilogram wil gedoen word en jy lyk pragtig.  Ek het gesien by die "launch" hoe gedissiplineerd jy is.  Hou so aan en voor jy weet het jy jou doel bereik.
Welkom terug!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Dankie Meraai!

PM Andre het 30 kg verloor - hy stabiliseer nou - hy het gister in sy ou lugmag uniform paradeer - toe's ek sommer van vooraf verlief!! 
dit voel stukke beter met die 20kg minder - nog 20 om te gaan vir my ...  :angel8:

Die opname het my nogal emotioneel uitgemergel - op die hou end het ek nie veel details gedeel nie - maar dit het alles mooi uitgewerk - en Heike se verhaal is die middel punt - sy is 'n prag mensie - 'n ware inspirasie ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w