• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gelukkige moedersdag

Started by PM, May 12, 2013, 11:01:38 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek wil graag vir al die mammas 'n gelukkige moedersdag toewens.  Hoop julle word lekker bederf vandag.

Aan almal wat nog nie moeders is nie, ek hoop julle sal ook 'n wonderlike dag hê. 

Aan al die manne, dankie dat julle die vroue in jul lewens bederf vandag.  Mag die dag ook vir julle vol liefde en vreugde wees.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dankie PM.  Ek glo dat jy tot barstens toe vol bederf is vandag.
Dit was 'n heerlike dag.  Selfs die herfsweer was een groot lekkerte. 
Die kinders het ons bederf met armsvol blomme en die manne het 'n potjie gemaak.  Met Lemon curd roomys agterna. 
Dit is ook my twee kinders se 1ste huweliksherdenking. 
Landi kry die ouers bymekaar en se:  Om sulke oulike kinders te wees, moet hulle oulike ouers he.  Sweet. 
elle

PM

Ai my matertjie, ek deel in al jou vreugdes.  Sê tog ook vir hulle ons seg:  Happy anniversary!
My kinders het my almal geskakel en ek het die vreugde gehad om my helel "NZ-crue" op skype te sien.  Dankie tog vir vandag se tegnologie!  En kan jy glo, die NZlanders vertel my dat my jongste kleinkind wat nou een jaartjie oud is, lyk elke dag meer na haar Ouma Pietie.  Ag siestog, die arme kind!   :icon_biggrin:
Ek het ook vir my liewe mamma wat al lank nie meer met ons is nie, 'n mooi briefie geskryf om dankie te sê vir die wonderlike mamma wat sy vir my was.  Ek het ook vir Ouma Naas dankie gesê vir die wonderlike bydrae wat sy in ons lewens gemaak het.  Vandag was werklik 'n "baie dankie" dag. 

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Verstom my oor die verskeidenheid onderwerpe wat die spoke wegdra... raak al hoe meer verseker dat dit 'n steekproef is deur blikbreine.  :dontknow:
Elke keer wat ek vandag gou kom loer of hier lewe was, het iemand iets gedruk:

Guest   08:55:33 AM   Printing the topic "Gelukkige moedersdag".

PM

Om te weet is om te verstaan.