• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Tamboerin

Started by Naas, April 19, 2012, 03:24:53 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

My weergawe van die (p)Tampoen struktuur

Trommeltamboer my hart se snare,
speel met my is, viool.
Vlindersaggies fladder roosknopsoentjies
deur my siel se vygiebos en

speel met my is, viool.
Die liefdesklankies galm
deur my siel se vygiebos en
oor die vlaktes van verlange.

En die liefdesklankies galm...
Vlindersaggies tokkel roosknopsoentjies
oor die vlaktes van verlange,
trommeltamboer oor my hart se snare.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

Dis roosknopsoentjies mooi!

en die het my hart se siel getref: "deur my siel se vygiebos"

ek moet erken, ek moes 'n paar keer deur lees en net dalkies begrip ek 'n gedagte of twee ....maar ek hou van wat ek lees  :angel4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

 :`ip2: bloooos, ek krap kop oor die speel met my is, viool Dalk sukkel ek om te konsentreer so deur die tasse pak en nuuskierig loer wie griffel wat! Lief jou (p)tampoen struktuur en hele paar woorde ook my hart gesteel weer Naas.


Naas

"my is" = my hele wese, al my bestaan. "Ek is maar net een, maar ek is."
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit is 'n pragstuk.  Moet erken, "my is" het my ook laat kopkrap, maar die vlindersagte roosknopsoentjies deur jou hart se vygiesbos het my laat   :notworthy: vir jou prag gedig. 
Boektoemooi!
Om te weet is om te verstaan.