• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hiperbool

Started by PM, April 27, 2012, 05:16:37 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hiperbool – hi-per-bool-  ʼn stylfiguur wat van buitensporige oordrywing gebruik maak as uiting van hewige gevoel of om ʼn sterk indruk te maak.
Ek het jou al ʼn duisend maal gewaarsku...
Hy het hom al morsdood gesukkel...
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#1
Dit sal nou klink soos 'n hiperbool maar ek is regtig die 12716ste leser en 1ste een om te reageer  :headbang:

(Mark Twain, "Old Times on the Mississippi")
"Ek was hulpeloos. Ek het nie geweet wat in die wêreld om te doen nie. Ek was van kop tot toon in die :pottytrain5: en kon my hoed aan my oë gehang het, hulle het gelukkig nog uitgesteek."

Paul Bunyan se Winter
"Een winter was dit so koud dat al die ganse agteruit gevlieg het en al die visse het Suid beweeg en selfs die sneeu het blou geword. Laat in die nag het dit so koud geword dat alle gesproke woorde gevries het terwyl hulle hoorbaar was."
"Babe the Blue Ox"

Meraai vannie Baai

Wou nog die bron aanbring en noem dat dit so vry vertaal was op die skakel toe druk ek 'post'  :icon_bigsmurf:

PM

Skote Petoors!  Sak Sarel pa wil 'n bok skiet.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.