Verseker PM! Ek dink die versorger/carer se rol is DIE belangrikste ondersteuning in enige kroniese toestand. Besig op die oomblik met navorsing om vir ons 'n aparte plasing te skep vir hartversaking. Het reeds heelwat by die PH artikel gedeel maar voel tog na aanleiding van jou eie kennismaking met hierdie energie tappende, asemrowende toestand en die vrae wat daagliks instroom by die twee ondersteuningsgroepe waar ek aangesluit het, dat daar 'n geweldige behoefte is vir inligting rondom hierdie toestand. Is dit reg met jou? Sal so graag jou eie persoonlike ervarings daar wil sien. Het reeds wonderlike inligting bymekaar rakende hart palpitasies en ritme afwykings a.g.v hartversaking wat vir my persoonlik goud werd was!