• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Spykerkaskenades

Started by PM, May 26, 2011, 09:42:26 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Spykerkaskenades

Jy wat manel dra,
ek lag vir jou in my hand
as jy so sukkel om bo te bly,
met vlerke wat wild swaai en
‘n stertjie wat wikkel
van kant tot kant.

Met daai stomp bek
gryp jy vashou plek
en ek is verbaas dat jy
so lank bo kan bly.

Vroulief sit gedwee en staar
na die velde tot wie weet waar.
Sy is gládnie verwonner nie
as jy sommer net so áf donner nie.

As jy opspring en voor haar kom staan,
skud jy daai vlerke wel gedaan.
Dan gooi ek my kop agteroor en lág,
nou kan ons net wag vir die nageslag.
Om te weet is om te verstaan.

adele

ek het dit nou sooo geniet, om daai prentjie voor my te sien.   :hello2: 
ek gaan een van myne soek wat so hierby aanpas dan kan jy dit dalk eendag naby mekaar plaas.

:grommit:
adéle  :grommit:

Angelica

Giggel ek nou vir die stukkie vry. Ja nee, kyk, as jy wil sal jy bo bly.
elle

PM

Bo bly sal ons bo bly.  Ek hou nie van afval nie,  ek hou van bo-bly!   :toothy4:

Kom ons maak so Adéle!  Kom ons plaas dit saam in die boek!  Bring sustertjie,  bring!  Ek kan nie wag nie!  Ek het al 'n mooi foto wat ons daar innie Kaap geneem het by  Bettiesbaai!   
Om te weet is om te verstaan.

adele

Kyk, vanmiddag het ek twee vlerksleepduifies dopgehou .... maar daardie nageslag is nog nie oppad nie, die vlerkslepery gaan nog 'n rukkie aanhou  :toothy4:
adéle  :grommit:

PM

Ek sal duime vashou dat dit gou gebeur.  Die "vryseisoen" is om die hoek.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek soek en soek... dit smaak my die vryseisoen kwyn met ouderdom saam  :icon_biggrin: hoe gemaak as jy die vlammetjie weer wil laat flikker verwonder ek my nou vanaand want die stilte in ons pandok waai die flikkerende kersie dood voor dit nog behoorlik kon vlam vat!

PM

Ons kyk maar wat die bokke en die duifies doen.   :angel12:
Om te weet is om te verstaan.