• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vensterloer

Started by Naas, November 01, 2021, 06:34:53 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Vensterloer

In eensaamhoekiespiraal
soos gevange glaskasslang,
beloer nuuskierig die agies
met verlange oë.

Tussen alleengedagtes
versamel leë sekondes
om saam te konkel
in eensaamhoekiespiraal.

Verstote gevoelens
murmereer sonder uitkoms.
Ingeperk in skedeltronk
soos gevange glaskasslang.

Oopbek verwondering
gaap die vryheid aan.
Smagtende verlange
beloer nuuskierig die agies.

Vrye kom en gaan
toegesluit agter glas.
Smagtend toegekyk
met verlange oë.

Met verlange oë
beloer nuuskierig die agies,
soos gevange glaskasslang
uit eensaamhoekiespiraal.

© Naas Breytenbach

:icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek is mal oor die skryftrant en in my diepste binneste beleeeeeef ek hierdie vensterloer! Welgedaan Naas.  Soos altyd.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :hello2: :notworthy: :icon_salut: Dit bly een van my gunsteling strukture!